Leesvordering:

Hoe hou ek op om ’n ingesete belastingbetaler in Suid-Afrika te wees?

Jun 25, 2021

Deur Fanus Jonck 

Die vraag of jy opgehou het om ’n ingesete belastingbetaler in Suid-Afrika te wees, word in die eerste plek bepaal deur jou subjektiewe besluit dat Suid-Afrika nie meer jou werklike tuiste gaan wees nie en dat jy daarom ophou om ’n ingesete belastingbetaler in Suid-Afrika te wees. Tweedens sal ’n ondersoek na verskeie faktore bevestig of jou subjektiewe besluit deur objektiewe faktore ondersteun word.

Die volgende faktore sal in ag geneem word tydens die objektiewe vasstelling of jy opgehou het om ’n ingesete belastingbetaler van Suid-Afrika te wees:

  • Die soort visum waarmee jy na die buiteland vertrek het
  • Bewys van permanente verblyf in die buiteland (indien van toepassing)
  • ’n Sertifikaat of ’n brief van die buitelandse inkomste-owerheid wat aandui dat jy in daardie land as ’n ingesete belastingbetaler beskou word (indien beskikbaar)
  • Besonderhede van alle eiendom wat jy steeds in Suid-Afrika besit
  • Besonderhede van alle sakebelange (bv. beleggings en indiensneming) waarby jy steeds in Suid-Afrika betrokke is
  • Besonderhede van jou gesin (bv. of lede van jou gesin nog in Suid-Afrika is en om watter rede)
  • Besonderhede van jou sosiale belange (bv. gimnasiumkontrak, lidmaatskap van ontspanningsklubs en verenigings) en waar jou persoonlike besittings is
  • Besonderhede van toekomstige besoeke aan Suid-Afrika, die frekwensie daarvan en die rede vir sodanige besoeke

’n Persoon wat ingevolge die fisiese-aanwesigheidstoets ’n inwoner van Suid-Afrika is, hou op om ’n inwoner te wees wanneer hy of sy vir ’n aaneenlopende periode van ten minste 330 volle dae fisies buite die Republiek is. Die persoon word nie meer as ’n inwoner beskou nie vanaf die dag waarop hy of sy Suid-Afrika verlaat het.

’n Persoon wat ’n ingesete belastingbetaler van ’n ander land geword het deur daarvoor aansoek te doen ten einde ’n dubbele belastingooreenkoms aan te gaan, sal ook ophou om ’n ingesete belastingbetaler in Suid-Afrika te wees.

Wat is die gevolge as ek ophou om ’n ingesete belastingbetaler te wees?

Vir die doel van kapitaalwinsbelasting word veronderstel dat jy alle bates wêreldwyd, buiten jou vaste eiendom in Suid-Afrika, verkoop op die tydstip waarop jy ophou om ’n ingesete belastingbetaler van Suid-Afrika te wees.

Sodra jy ophou om ’n ingesete belastingbetaler in Suid-Afrika te wees, word jy nie meer in Suid-Afrika op jou wêreldwye inkomste belas nie, maar slegs op jou Suid-Afrikaanse inkomste.

Hoe verklaar ek aan die SAID dat ek opgehou het om ’n ingesete belastingbetaler in Suid-Afrika te wees?

Jy moet die SAID op een van die volgende maniere inlig dat jy nie meer ’n ingesete belastingbetaler van Suid-Afrika is nie:

  • As jy gedurende die huidige belastingjaar opgehou het om ’n ingesete belastingbetaler van Suid-Afrika te wees, kan jy die SAID inlig deur die aangewese afdeling op die inkomstebelastingopgawe (ITR12) in te vul en die datum te verstrek waarop jy opgehou het om ’n ingesete belastingbetaler te wees.
  • Andersins kan jy die SAID inlig deur ’n verklaring in te dien dat jy ophou om ’n ingesete belastingbetaler te wees (“Declaration of Cease to be a Tax Resident”).

Jy is welkom om die belastingkonsultant Fanus Jonck (tax@jonck.net) te kontak met jou belastingnavrae.

 

Meer oor die outeur

Fanus Jonck

Fanus Jonck is 'n ervare belastingskonsultant. Kontak hom gerus vir enige belastingsverwante navrae deur 'n e-pos te stuur na tax@jonck.net

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest