Leesvordering:

Padreëls in die buiteland: Wat jy móét weet

Aug 4, 2021

As jy reis of na ’n ander land emigreer, kan nuwe padreëls veral uitdagend wees. Aan watter kant van die pad ry jy? Teen watter spoed mag jy op die snelweg ry of wat is hul definisie van dronkbestuur?

Alhoewel die meeste mense in die wêreld aan die regterkant van die pad ry, is daar ook darem sowat 70 lande waar motoriste, soos in Suid-Afrika, aan die linkerkant van die pad ry. Dit sluit Australië, Nieu-Seeland, Ierland, die Verenigde Koninkryk, Indië, Kenia, Maleisië, Tanzanië, Thailand en Indonesië in.

Spoedgrense op snelweë kan ook drasties van land tot land verskil. Duitsland se Autobahns het in sekere areas geen spoedgrense nie terwyl jy in Brittanje net 112 km/h, in Bulgarye tot 140 km/h en op die Verenigde Arabiese Emirate se snelweë 160 km/h mag ry. Lande is ook nie ewe streng as dit kom by onder die invloed van alkohol bestuur nie. In lande soos die Tsjeggiese Republiek, Hongarye, Roemenië, Rusland, Jordanië, Tunisië, Katar en die Verenigde Arabiese Emirate word nie eens ’n druppel alkohol in jou sisteem geduld nie. In Amerika, Kanada en die Verenigde Koninkryk word die alkoholtelling in jou bloed eers op 0,08 gram as dronkbestuur beskou (teenoor Suid-Afrika se alkoholtelling van 0,05 gram). Europese lande soos Duitsland, Frankryk en Italië se reëls rondom dronkbestuur is meer in lyn met dié van Suid-Afrika terwyl Swede, Pole en Noorweë se limiete selfs strenger is.

Lande soos Noorweë en Finland het van die strengste padreëls en duurste boetes. Om oor ’n rooi lig in Noorweë te ry kan jou sowat R13 000 (€756) kos, en dronkbestuur kan ’n boete van R100 000 (of sowat €5 784) tot gevolg hê. In Finland word boetes vir plaaslikes op ’n formule bereken wat die persoon se jaarlikse inkomste sowel as die gevaar van die oortreding in ag neem. ’n Ryk spoedvraat in Finland moes met dié formule al vir ’n boete gelykstaande aan R2 miljoen opdok!

Padreëls wat jy veral moet navors voordat jy reis, is byvoorbeeld of dit toelaatbaar is om by ’n rooi lig te draai. In sekere lande is dit toelaatbaar en ander nie. Vind uit wie ryvoorrang geniet by ’n verkeersirkel – in sekere lande het die motor wat reeds in die sirkel is voorrang, maar in ander lande is dit die motor wat die sirkel binnekom.

Die meeste lande laat jou toe om met ’n internasionale bestuurspermit (IDP), wat bloot ’n dokument is wat jou lisensie in ander tale vertaal, op hulle paaie te ry. Dié dokument is ook dikwels nodig wanneer jy ’n motor wil huur, en selfs al vereis almal dit nie is dit steeds nodig indien jy in ’n ongeluk sou kom of deur die polisie afgetrek sou word.

Vreemde padreëls van regoor die wêreld:

  1. In Saoedi-Arabië is vroue eers sedert 2018 toegelaat om te bestuur.
  2. In Rusland is dit onwettig om met ’n vuil motor rond te ry, dit geld vir selfs die binnekant van jou motor!
  3. As jy in Duitsland langs die snelweg sonder brandstof gaan staan, kan jy tot vyf jaar tronkstraf toegedien word.
  4. In Siprus mag jy nie eet of iets drink terwyl jy bestuur nie.
  5. In Manila in die Filippyne het nommerplate kleurkodes wat jou toelaat om net sekere dae op die pad te wees, om sodoende verkeer op die pad te verminder.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest