Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Lowfeld Soul Food

Sep 21, 2021

Om in ’n nuwe land aan te pas is ’n uitdaging, gelukkig is Wêreldwyd hier om jou te help. Word deel van ’n netwerk van Suid-Afrikaners in die buiteland. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na droëwors, melktert en die Afrika-son net te veel raak.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings, van biltongwinkels in Australië tot Afrikaanse prokureurs in Kanada.

Jy kan jou onderneming gratis op Wêreldwyd se interaktiewe gids lys. Op die manier kry jy die nodige blootstelling om deel te word van ’n wonderlike netwerkgeleentheid!

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Lowfeld Soul Food in die VSA.

Lowfeld Soul Food is ’n klein onderneming met ’n passie om goeie Suid-Afrikaanse tradisionele verwerkte en vars produkte te vervaardig. Hulle glo die feit dat dit ’n klein onderneming is, verseker goeie kwaliteit.

Mike en Gerbri Myburgh kom onderskeidelik van Nelspruit en Wellington af. Kos is hul passie.

Ons maak al sedert ons jongdae kos vir familiebyeenkomste en werkspartytjies en het uiteindelik, ná ’n baie lang tyd, besluit om dít ons lewe te maak. Ons wou die kos waarmee ons grootgeword het – en wat ons vir 14 jaar vir onsself gemaak het – met ons vriende en nuwe bure deel.

Ons het ’n liefde vir Suid-Afrikaanse kos, veral biltong, droëwors en boerewors. Ons het ’n paar van ons persoonlike gunstelinge bygevoeg en daar is nog baie op pad.

Ons woon tans net noord van Charleston SC in ’n klein dorpie met die naam Awendaw SC. Charleston is al vir die laaste 14 jaar ons tuiste en dit is ook waar ons fabriek geleë is. Ons het groot planne om ons besigheid uit te brei en aan Suid-Afrikaners hul gunsteling vleislekkernye te verskaf.

Kontak Lowfeld Soul Food
E-pos: sales@lowfeld-soul-food.com
Klik  hier om Lowfeld Soul Food se Facebook-blad te besoek.
Klik hier vir Lowfeld Soul Food op Wêreldwyd se Wêreldgids.

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest