Leesvordering:

Uitspraak in AfriForumsaak oor Unisa-taalbeleid reuse oorwinning vir Afrikaans

Sep 22, 2021

Die uitspraak van die Konstitusionele Hof vandag ten gunste van AfriForum in die saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), word deur AfriForum as ’n reuse oorwinning vir Afrikaans, Afrikaanse studente en ook taalregte in die land beskou.

Die saak is op 20 Mei 2021 deur dié hof aangehoor en uitspraak is voorbehou. Dit het gevolg nadat die Hoogste Hof van Appèl in 2020 ten gunste van AfriForum uitspraak gelewer het oor dié kwessie, met die bevinding dat Unisa se taalbeleid nie in ooreenstemming met grondwetlike voorskrifte aanvaar en geïmplementeer is nie.

Die Konstitusionele Hof het die Hoogste Hof van Appèl se bevinding dat Unisa se huidige taalbeleid wat slegs vir Engels as primêre medium van onderrig voorsiening maak, ongrondwetlik is, gehandhaaf, maar meer tyd toegelaat vir die implementering van die uitspraak. Die volledige uitspraak is tans nog nie beskikbaar nie, maar AfriForum het die grootste waardering vir die Konstitusionele Hof se standpuntinname oor studente se reg tot moedertaalonderrig.

Volgens Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, is die uitspraak ná ’n stryd van meer as vyf jaar, van reuse belang vir alle Afrikaanssprekende studente in die land, maar ook vir die toekoms van Afrikaans as hoëfunksietaal.

“Hiermee breek ’n nuwe hoofstuk in die beregtiging van diegene wat nie moedertaalsprekers van Engels is nie, in tersiêre onderrig aan. Dit is goed en wel om te sê dat privaat onderriginstellings vryheid het om onderrig in enige taal van hulle keuse aan te bied, maar om as taal van onderrig aan ’n tersiêre instelling gebruik te word, is van groot belang vir die voortbestaan en volgehoue ontwikkeling van enige taal. Daarom kan die uitfasering daarvan aan enige instelling nie sondermeer aanvaar word nie. Die hof het vandag hierdie punt met die uitspraak bevestig en die reg tot toegang tot Afrikaanse moedertaalonderrig aan beide openbare en privaat instellings vir studente van alle inkomstegroepe bevestig,” voeg Bailey by.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest