Leesvordering:

Brisbane se Afrikaanse vroue kuier heeeeerlik! Elke jaar !!

Nov 22, 2021

deur Amorita Kluyts

Ons jaarlikse Brisbane Vrouedag op November was weer eens ’n groot sukses. Ons was 110 vroue wat “non-stop” gekuier het! Die doel hiervan is tweeledig – om mekaar te ondersteun en aan te moedig, en om nuwe vroue welkom te heet. Ons praat net Afrikaans, alhoewel daar ook gereeld Engelssprekende vroue saamkuier. Ons vertaal en verduidelik vir hulle, maar dís nou die een dag in die jaar wat nie ons nie verskoning vra om Afrikaans te praat nie. Ons huur gewoonlik die venue net vir drie ure, maar dit is elke keer so ’n lekker kuier dat sommige vroue die hele dag kuier, tot sononder langs die water! 

Hierdie jaar het ons weer fantastiese sprekers gehad, vier vroue – van verskillende ouderdomme, waarvan die jongste 21 is – wat almal al “coaching”- of mentorskaprolle gehad het. Die sprekers was Ilona Furstenburg, Marco Zietsman, Anita Geldenhuys en Alona Zietsman. Yolande Steyn het terugvoer gegee oor OzGeeOm, wat die afgelope jaar hoogs suksesvol was en elke sent terugploeg in Suid-Afrika. Ek is ook baie opgewonde oor die eerste Suid-Afrikaanse Filmfees wat in Mei 2022 in Brisbane gaan plaasvind.

Die hoogtepunt was die mooi tafels. Elke tafel het ’n tema gehad – die temas was Kersfees, African Sunset, Ubuntu, Weskus, Boeresjiek, Plaas, Rampokkerbende, Zebra, Classy Protea, Gee jou hart vir Afrika, en Scatterlings of Africa.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest