Leesvordering:

Tinteltong – Toekennings 2022

Des 13, 2021

In samehang met Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon ons innoverende Afrikaanse ondernemings.

In 2016 het ons begin deur ’n pakkie te pos aan vier sulke ondernemings wat ons beïndruk het. In 2017 het ons met ’n amptelike feesviering begin, en jaarliks word meer as 10 ondernemings met ’n Tinteltong Toekenning bekroon.

AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is. Daarom gaan ons voort om ondernemings te beloon wat dienste in Afrikaans bied. AfriForum hoop dat die wenners ander ondernemings en mense ook sal aanspoor en besiel om in hul sake in hul hartstaal te bedryf.

Weens die COVID-inperkings moes ons vanjaar die koppe kraak om die Tinteltong Toekennings – soos wat dit in die verlede aangebied is – te herevalueer. 2021 se Tinteltong Toekennings is volgens streke ingedeel en ook daar uitgedeel.

Ons hoop om in 2022 die Tinteltong Toekennings op die tradisionele manier voort te sit, maar dié keer sal dit ook regstreeks op ons Facebook-blad uitgesaai word.

Die nominasieproses is nou amptelik oop en die publiek en ondernemings is welkom om hulle gunsteling Afrikaanse ondernemings te nomineer.

Belangrike datums 

Nominasies sluit op 14 Januarie 2022 om 12:00.

Stemming vind plaas van 18 tot 24 Januarie 2021. Stemming maak oop om 12:00 en sluit ook weer om 12:00.

Die Tinteltong Toekennings sal gevier word op 23 Februarie 2022 by die AfriForum Teater in Menlopark, Pretoria.

Kontak ons gerus by netwerk@afriforum.co.za as jy enige vrae het oor die volgende Tinteltong Toekennings.   

Bepalings en voorwaardes

1. AfriForum behou die reg voor om nominasies af te keur.

2. Nominasies moet voldoen aan dié twee vereistes; a.) die handelsnaam moet Afrikaans wees en b.) reeds vir ’n jaar handeldrywend wees.

3. Indien ’n plaaslike wenner nie by die toekenningsgeleentheid kan wees nie, sal die toekenning nie toegestaan word aan die onderneming nie. 

4. Toekenningwenners moet op eie onkoste reël vir reis- en verblyfreëlings.

NOMINASIES VIR 2022 SE TINTELTONG TOEKENNINGS KAN NOU INGEDIEN WORD.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest