Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Patisserie May

Des 14, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Die Wêreldgids het tans meer as ’n duisend ondernemings, van prokureurs in Nieu-Seeland tot ’n Suid-Afrikaanse restaurant in Texas.

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Patisserie May in Engeland.

Patisserie May, wat in 2020 deur Jennifer May gestig is, bak elegante en stylvolle fyngebak, unieke koekies en doelgemaakte koeke volgens die kliënt se behoeftes – alles liefdevol handgemaak vir jou spesiale geleentheid.

Ek is in Suid-Afrika gebore en woon nou in Somerset, suidwes Engeland. My liefde vir bak het in my ouma se kombuis begin en my droom van kleintyd het waar geword toe ek my kwalifikasie behaal het om in fyngebak te spesialiseer. Sedert ek in 2010 my City and Guilds-patisseriediploma verwerf het, was ek bevoorreg om rond te reis en by verskeie toonaangewende ondernemings en saam met ’n hele paar hoogaangeskrewe patisseriesjefs te werk.  

Met meer as tien jaar se ondervinding agter die rug, is dit vir my wonderlik om die Patisserie May-avontuur te beleef.

My visie is om meesterstukke te skep deur eenvoudige outydse metodes met moderne tegnieke te kombineer.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest