Leesvordering:

Paneelgesprek oor die betekenis van ons kultuurerfenis – neem gerus deel!

Feb 17, 2022

Op 21 Februarie 2022 gaan ’n paneelgesprek oor die betekenis van ons kultuurerfenis aanlyn plaasvind. Esmarie Yssel sal as gespreksleier optree en die paneel bestaan verder uit dr. Wikus Buys, die uitvoerende direkteur van die Begrond Instituut vir Christelike Grondslagstudies; Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake; en Bernard Pieters, die nasionale bestuurder van AfriForum Jeug.

In 2021 het AfriForum, AfriForum Jeug en Begrond saam ’n peiling onderneem om vas te stel hoe mense oor erfenis voel. Tydens die paneelgesprek gaan die resultate van die peiling bekendmaak word en sal die kundiges verder gesels oor waarom die bewaring van alle aspekte van ons erfenis steeds van belang vir Afrikaners moet bly.

Van die vrae wat aangespreek sal word, is of geld as enigste erflating vir ons nageslag genoeg is; of die oprigting van standbeelde en monumente gelyk aan afgodery is; waarom standbeelde geteiken word as dit dan nie saak maak nie; of erfenisbewaring geldmors is; en hoe ons monumente van die toekoms moet lyk?

Stuur jou vrae in aan wereldwyd@afriforum.co.za en kyk aanlyn saam op AfriForum se You Tube-kanaal op 21 Februarie 2022 vanaf 09:00 Suid-Afrikaanse tyd.

LEES OOK: Internasionale Moedertaaldag 2022

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest