Leesvordering:

AfriForum staan Onderwyswetsontwerp teen, veroordeel Lesufi se polariserende kommentaar

Mei 31, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het opnuut ’n beroep op die publiek gedoen om die Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwyswette, wat tot 15 Junie 2022 vir openbare insette beskikbaar is, te veroordeel. Dié beroep volg na aanleiding van Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir Onderwys, se kritiek gister (30 Mei 2022) teen diegene wat die wysigingswetsontwerp teenstaan.

In sy kommentaar het Lesufi volgens mediaberigte gesê dat die wetsontwerp op transformasie gerig is en dat hy vra dat die idee dat kinders wat een taal praat, net in een skool kan wees, “verslaan moet word”. Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is dit duidelik dat die LUR soos gebruiklik sy polariserende rasse-agenda volg en bewese beste praktyke vir onderwys, soos die belang van moedertaalonderrig, blatant ignoreer. Verder weet die LUR skynbaar nou nog nie dat Afrikaanssprekende kinders aan alle rasse behoort nie.

“Dit is tragies as iemand in ’n gesagsposisie sy ideologiese agenda só stiksienig deurdruk dat hy homself bewys as ’n onkundige persoon wat onbevoeg vir sy pos is,” voeg sy by. “Die verdagmaking van kinders se behoefte aan moedertaalonderrig is onnodig polariserend en is internasionaal deur onderwysdeskundiges onteenseglik as onsinnig bewys.”

– Alana Bailey

Sy plan van drie onderrigtale per skool is tot mislukking verdoem – in die praktyk regoor die wêreld is bewys dat waar verskeie tale per skool vir onderrig ingespan word, die sterkste taal oplaas die enigste gebruikstaal word – met ander woorde Engels in die Suid-Afrikaanse konteks. “Dit is nog ’n bewys van sy gebrek aan verbintenis tot moedertaalonderrig en die ontwikkeling van die land se tien inheemse tale,” verklaar Bailey.

Verdere belaglike uitlatings van die LUR gister sluit in dat hy meen die voorgestelde wetswysiging wat Graad R verpligtend gaan maak, sal kinders red van vroeëkinderontwikkelingsentrums waar hulle volgens hom “net eet, bid, slaap en sing”. Hiermee bewys hy ook sy gebrek aan kennis oor sentrums waar kinders toegang tot uitnemende voorskoolse ontwikkeling het, en ignoreer hy die 80% wanfunksionele skole in die land waar kinders in die departement se stelsel is, maar weinig meer as eet, slaap, bid en sing kan doen, selfs op hoërskool, soos TIMSS, PIRLS en ander toetse bewys het.

“Dan kla die minister ook nog sy begroting om nuwe skole te bou is te min, maar die addisionele begroting wat nodig is vir die inwerkingstelling van die planne vir Graad R, bedra R1,9 miljard. Dit maak nie sin nie,” sluit Bailey af.

Al hierdie uitlatings van Lesufi beklemtoon die noodsaak daarvan om die wysigingswetsontwerp teen te staan.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest