Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Australië

Mei 31, 2022

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie maand op ondernemings in Australië wat julle kan ondersteun.

Laser Commando

Laser Commando is ’n mobiele lasergeveg-diensverskaffer in Brisbane. Ons bied lasergevegpartytjies in en om Brisbane aan en ons toerusting is ook te huur. Lees meer.

Premiato Coffee

’n Spesialiskoffieroostery aan die Australiese Goudkus. Groothandel en aanlyn koffie beskikbaar. Wenner van 37 koffietoekennings. Lees meer.

Australian Stone – Kitchen & Bathrooms

Ons bied pasgemaakte ontwerpe en installasiedienste vir jou kombuis of badkamer. Dit begin vir ons by die ontwerp en om te verstaan wat jy in ’n kombuis en badkamer nodig het. Lees meer.

Banner House

Banner House is jou eenstop-banierwinkel wat die antwoord bied op al jou banierbehoeftes. Ons druk alle soorte baniere en lewer dit regoor Australië af. Ons bied enige grootte pasgemaakte banierdrukwerk op alle soorte standaard banierdrukmateriaal. Lees meer.

Kalahari Wanneroo

Welkom by Kalahari Wanneroo! ’n Eetplek met ’n warm, vriendelike familie-atmosfeer en tradisionele kos, drankies en ’n verskeidenheid Suid-Afrikaanse lekkernye. Lees meer.

LEES OOK: Wêreldgids in fokus: Nederland

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest