Leesvordering:

Die Eerste Wêreldoorlog: Die lang pad deur die hel

Jun 22, 2022

Deur Ilze Nieuwoudt

Die ondertekening van die Vrede van Versailles op 28 Junie 1919 was na afloop van die Eerste Wêreldoorlog een van verskeie verdrae wat amptelik ’n einde aan dié verwoestende oorlog gebring het. Die Groot Oorlog, soos dit destyds bekendgestaan het, het vier jaar lank vanaf 1914 tot 1918 geduur en was in elke opsig “groot”. Nagenoeg 265 800 Suid-Afrikaners het aan die oorlog deelgeneem, met talle Suid-Afrikaners wat ook as deel van ondersteunende dienste (waaronder die Swaarartilleriebrigade, Skerpskutters, Geneeskundige Diens, Vlieënierskorps, Arbeidsbataljons en Vlootvrywilligers) diens gedoen het.

Sowat 10 miljoen soldate is uiteindelik in dié oorlog dood; sowat 9 miljoen mense is permanent vermink; 12 miljoen is ernstig gewond; en meer as 8 miljoen is krygsgevange geneem. Die oorlog het ook die hulp van meer as 16 miljoen diere (perde, posduiwe, honde en kamele) ingespan, terwyl meer as 1 000 miljoen bomme in die vier jaar van die oorlog afgevuur is.

Louis Scott se boek oor dié oorlog, Hel toe en terug: Die Eerste Wêreldoorlog, ’n honderd jaar later, stel op ’n toeganklike manier, en binne die bestek van minder as 170 bladsye, ondersoek in na dié oorlog – en dít boonop in Afrikaans. Hel toe en terug is hier beskikbaar in AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) se veilige aanlyn winkel.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest