Leesvordering:

Alles is anders

Aug 15, 2022

Deur Maxie Heppell

Déjà vu (/ˌdeɪʒɑː ˈv(j)uː/ ( listen) DAY-zhah-VOO, –VEW, French: [deʒa vy] ( listen); “already seen”) is a French loanword expressing the feeling that one has lived through the present situation before.

Vir kinders van die Here is dit nie net ’n gevoel nie, maar ’n werklikheid.  Dieselfde situasies het mos ’n manier om hulself te herhaal, dalk jare uitmekaar.

Vir kinders van die Here lê die troos daarin dat elke bietjie snoei en die groei wat volg, besig is om ’n nuwe mens op te rig.  Al sou die probleem/die uitdaging/die doring in die vlees dieselfde wees, is die een in die spieël nie meer nie.

Ons leer ken vir Simon Petrus as die moedelose visserman wat niks beter het om met sy tyd te doen as om die profeet sy boot as ’n boer-maak-’n-plan megafoon te leen nie.

Maar hierdie profeet seën hulle met ’n redkordvangs en openbaar Homself aan Petrus as die Seun van God wat die sonde van die wêreld op Hom sou neem.

Drie jaar later en tien dae na Jesus se kruisiging, kry ons weer vir Petrus op die boot. 

Weereens moedeloos, maar nou met die ekstra gewig van sy eie verraad wat hom agtervolg soos  ’n onlosmaaklike skaduwee.

En weereens seën hierdie profeet hulle met ‘n rekordvangs en openbaar Homself aan Petrus as die opgestane Seun van God wat die sonde van die wêreld op Hom geneem het.
Ook Petrus s’n.

Toe Petrus die eerste keer besluit het om vir Jesus te volg, daar by die boot, was dit dalk grootliks uit nuuskierigheid met ’n tikkie geloof.

Toe Petrus hierdie keer, op daardie selfde boot, in daardie selfde omstandighede, vir Jesus herken, is dit sy geloof wat hom soos ’n wafferse Chad le Clos laat induik terwyl die ander dissipels agterna roei. Petrus was nie meer dieselfde nie.

“Kom, eet ’n stukkie ontbyt,” nooi Jesus hulle uit. Nie een van hulle het die moed gehad om te vra:
“Wie is U?” nie. Dit was ook nie nodig om te vra nie.
Hulle het geweet dit is die Here.
Johannes 21:12 Die Boodskap

Hulle het nou geweet.

Weer teleurstellende nuus van die dokter.
Weer ’n uitdagende situasie by die werk.
Nog ’n senutergende familienaweek.

Niks verander nie.

Maar jy verander.
Dieselfde toetse, soms net in verskillende gedaantes, kom meet hoeveel.

Weer teleurstellende nuus van die dokter.
Weer ’n uitdagende situasie by die werk.
Nog ’n senutergende familienaweek.
Alles is anders.

Jou inspirasie vir die week:  Canvas and clay

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest