Leesvordering:

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids kry ’n nuwe baadjie

Feb 18, 2023

Deur Sue-Ann de Wet

Dié gewilde tuiskomplek wat Suid-Afrikaners in die buiteland met gebeure en interessanthede in hul geboorteland verbind hou, genaamd AfriForum Wêreldwyd, gaan besoekers voortaan met ’n afgestofte Wêreldgids inwag.

AfriForum Wêreldwyd is ’n omvattende platform waarmee kontak gehou word met vele Suid-Afrikaners wat tans in die buiteland woon en/of werk, maar steeds in voeling met hul geboorteland wil bly.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan opgespoor word op die Wêreldgids. Hier kan jy dokters, prokureurs, finansiële adviseurs, haarkappers en vele meer opspoor wat hul dienste in Afrikaans lewer. Die Wêreldgids is egter nie net vir Afrikaanse ondernemings nie, maar ook vir Engelse ondernemings en diensverskaffers wie se dienste ook in Afrikaans beskikbaar is. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die vraag na ’n meer gebruikersvriendelike en interaktiewe gids het gegroei en Suid-Afrikaanse klein- of grootsakeondernemings in die buiteland kan self hul ondernemings gratis op die Wêreldgids lys. Die Wêreldgids spog met veertig kategorieë van ondernemings en diensverskaffers regoor die wêreld.

Nou kan jy as eienaar van ‘n onderneming jou eie profiel hê waar jy kan inteken en veranderinge maak soos jou onderneming verander en groei.

Dit is so maklik soos 1,2,3 … gids jouself!

  1. Skep ’n profiel.
  2. Laai jou onderneming.
  3. Kry meer blootstelling.

Kom tuis – jou taal, jou mense, jou netwerk!

Kom tuis – jou taal, jou mense, jou netwerk!

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest