Leesvordering:

Die Kaplyn ’n nuwe musiekblyspel op AfriForum Teater se planke

Feb 20, 2023

AfriForum Teater verwelkom binnekort nog ’n nuwe musiekblyspel: Die KaplynDie Kaplyn is ’n AfriForum-produksie wat in samewerking met Inhoud Huis Musiek aangebied word. Die rolverdeling spog met bekende name in die musiek- en teaterbedryf soos Johan Vorster, Ilan van Staden en Jackie-Lulu.

Die verhaal en konsep is deur Johan Vorster geskryf en volg op die gebeure wat tydens die Grensoorlog in 1980’s plaasgevind het. Jannes Erasmus het die teks in samewerking met Vorster geskryf. Erasmus is ook vir die regie van die produksie verantwoordelik. Die musiek en lirieke is deur Vorster en Jacomien de Wet behartig terwyl Francois Lessing in samewerking met Vorster vir die orkestrasie en musiekregie verantwoordelik is.

AfriForum stel ten doel om ’n sterk boodskap uit te dra dat die Grensoorlog nie tevergeefs was nie, maar dat die soldate wat deelgeneem het, vereer moet word omdat hulle tydens die Koue Oorlog verhoed het dat Suid-Afrika ’n Sowjetunie invloedsfeer word. Hierdie soldate het tyd gekoop totdat die Sowjetunie in duie gestort het en verdien daarom erkenning.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is daar besluit om weer ’n  musiekblyspel op die planke te bring as deel van AfriForum se uitgesproke doelwit om belangrike historiese gebeurtenisse in die Afrikanergeskiedenis deur die kunste aan ons jeug oor te dra. Op die manier kan oud en jonk herinner word aan die opofferings en heldedade van ons voorgeslagte in moeilike tye en op verskeie terreine.

“Ná die sukses van Die Gelofte-musiekblyspel, wat AfriForum in samewerking met Johan Vorster en Jacomien de Wet, van Inhoud Huis Musiek, op die planke gebring het by die AfriForum Teater, is dit ’n voorreg om weer saam met hierdie talentvolle span te kan werk. Die Kaplyn is hoopgewend, vol lewenslesse en gee ’n empatiese blik op gesinne se opofferings tydens die Grensoorlog, terwyl dit ook die gehoor sal vermaak met puik musiek en puik akteurs,” sê Kriel.

“’n Paar temas wat in die agtergrond van ’n oorlog plaasgevind het soos die liefde, genade, geloof, vergifnis, verhoudings en struikelblokke word ondersoek. Die Kaplyn is ’n familiesaak wat almal raak, nie net die troepe nie. Daar word gepoog om ’n musiekblyspel op die planke te plaas wat die hele gesin kan geniet. Teatergangers wat van Die Gelofte gehou het gaan beslis waarde kry en gaan ’n sakdoek van die begin af moet saambring. ’n Fiktiewe storie word teen die agtergrond van die Grensoorlog vertel. Deur dié verhaal word hulde aan die helde gebring wat onder baie van ons dakke woon, maar waarvan ons so min weet,” sê Johan Vorster  en Jacomien de Wet medeskrywer van Die Kaplyn-musiekblyspel.

“Musiekblyspele het ’n wonderlike opvoedkundige waarde waar gemeenskappe verhale deur stories en musiek herleef. Ons is opgewonde oor die verhaal van Die Kaplyn wat by die AfriForum Teater vertel gaan word,” sê Carien Bloem, teaterbestuurder van die AfriForum Teater.

Kaartjieverkope vir die nuwe speelvak het pas op die AfriForum Teater se webwerf geopen.
Besoek gerus: www.diekaplyn.com

Die Kaplyn is vanaf 26 April tot 21 Mei by die AfriForum Teater te sien.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kersfeesvieringe in Dubai

Kersfeesvieringe in Dubai

Deur Lorey Harfield Omdat ek sedert ’98 in Dubai woon, is die belewenis van Kersfees hier ’n mengelmoes van kulture teen die agtergrond van sonnige dae. Alhoewel ons in ’n stad met sterk Islamitiese wortels is, raak Dubai tydens Kersfees werklik op ’n unieke manier...

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest