Leesvordering:

AfriForum 17 Maart in hof oor Kuba-skenking

Mar 7, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum is op 17 Maart 2022 in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria om ’n dringende interdik te bekom wat die regering sal verhoed om ’n beplande R50 miljoen-skenking aan Kuba te maak. AfriForum sal ook later ’n hersieningsaansoek by die hof indien waarin die organisasie versoek dat die besluit om die geld aan Kuba te skenk omgekeer word.

AfriForum se regsargumente dat die skenking nie moet plaasvind nie berus op die volgende punte.

Die skenking is eerstens teenstrydig met die Afrika Renaissance en Internasionale Samewerkingsfonds (ARF), op grond waarvan die skenking gemaak word. Dié fonds stipuleer dat daar parlementêre oorsig oor so ’n skenking moet wees, wat daar nie in hierdie geval was nie. Tweedens is die skenking ook in stryd met die Openbare Finansiële Bestuurswet, omdat dit nie behoorlik deur die Nasionale Tesourie of deur die Minister van Finansies goedgekeur is nie. Dit is ook ’n skreiende skande dat die regering geld by die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en ander internasionale organisasies leen, maar daardie geld (of van die land se ander geld) aan Kuba wil skenk. Dit terwyl die land in ’n ellendige ekonomiese posisie is. Derhalwe, is dit eenvoudig ongrondwetlik om die geld aan Kuba skenk te midde van die ernstige ekonomiese krisis waaronder lede van die publiek ly.

Die regering se beplande skenking is geheel en al onwettig omdat dit ’n hele aantal wette oortree. Dit is goed om te sien dat die regering groot teenkanting van die burgerlike samelewing, politieke partye en individue oor hierdie belaglike voorneme ontvang. AfriForum hoop dus om finaal ’n einde aan hierdie irrasionele en onwettige skenking in die hof te maak,


sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest