Leesvordering:

AfriForum en ander “oorweldigend suksesvol” in appèlhof; Zuma moet terug tronk toe

Nov 21, 2022

Die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein het vandag voormalige president Jacob Zuma se appèl teen ’n hooggeregshofuitspraak, wat die burgerregteorganisasie AfriForum bekom het dat sy mediese parool onwettig toegestaan is, met kostes van die hand gewys. Die appèlhof het egter wel die vroeëre hooggeregshofbevel ter syde gestel dat die tyd wat Zuma buite die tronk op mediese parool spandeer het nie van sy vonnis afgetrek kan word nie, maar die bevel van die Hooggeregshof dat Zuma moet terugkeer na die Estcourt gevangenis, gehandhaaf.

Zuma is in Junie 2021 tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis, nadat hy versuim het om voor die Zondo-kommissie oor staatskaping tydens sy presidentskap te verskyn. Zuma het aan die einde van Julie 2021 sy vonnis begin uitdien, maar is op 5 September 2021 op mediese parool vrygelaat. Die destydse Nasionale Kommissaris vir Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, het die mediese parool goedgekeur alhoewel die mediese paroolraad bevind het dat Zuma nie vir mediese parool gekwalifiseer het nie. AfriForum het in Desember 2021 ’n hooggeregshofuitspraak bekom dat Zuma se mediese parool onwettig toegestaan is en dat die tyd wat Zuma buite die tronk op mediese parool spandeer het nie van sy vonnis afgetrek kan word nie. Zuma het die saak op appèl geneem.

“Die Hoogste Hof van Appèl se uitspraak beteken dat twee howe bevind het dat Zuma nooit mediese parool moes ontvang het nie. Die feit dat Zuma wel mediese parool ontvang het, al het hy nie daarvoor gekwalifiseer nie, wys dus daarop dat prominente politici voorkeurbehandeling by korrektiewe dienste ontvang. Die grootste klug is egter dat Zuma, wat ’n jaar gelede nog skynbaar terminaal siek was, nou weer aktief by politiek betrokke is en poog om ’n hoë posisie in die ANC te beklee,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest