Leesvordering:

AfriForum voorsien inligting oor Afrikaans aan UNESCO Wêreldatlas van Tale

Mar 29, 2023

AfriForum het pas inligting oor Afrikaans vir opname in die Wêreldatlas van Tale van die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) voorsien.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is hierdie atlas ’n interaktiewe en dinamiese aanlynhulpmiddel wat die status van tale regoor die wêreld dokumenteer. Dit is in Februarie 2022 bekendgestel met die doel om die wêreld se linguistieke diversiteit en veeltaligheid as ’n unieke erfenis en skat van die mensdom te bewaar, te laat herleef en te bevorder.

Tans sluit dit 8 324 tale in, waarvan ongeveer 7 000 steeds in gebruik is. Die status van hierdie tale word geklassifiseer as veilig (65 tale), potensieel kwesbaar (1 163 tale), bedreig (2 698 tale), beslis bedreig (2 362 tale), ernstig bedreig (462 tale) en kritiek bedreig (383).

Die platform bied aan navorsers die geleentheid om die name van lande of tale as soekterme te gebruik. Die inligting oor elke land en taal wat hierin opgeneem word, is van insette van die betrokke land se regeringsaangewese fokusgroep afhanklik. Volgens die span wat die atlas bestuur, het alle regerings nog nie op versoeke om fokusgroepe aan te wys, gereageer nie. In die geval van Suid-Afrika, is geen inligting oor die land se bevolking of amptelike tale op die platform beskikbaar nie. Wat Afrikaans aanbetref, is die taal bloot as potensieel kwesbaar geklassifiseer.

“Duidelik is die opstellers van die platform nie geheel en al onkundig oor Afrikaans nie. Die feit dat dit as potensieel kwesbaar beskryf word, wys daarop dat daar wel kennis geneem is van die uitdagings wat ons taal in die gesig staar,” het Bailey verklaar.

AfriForum het voorlopig inligting oor die bevolking en amptelike tale van die land aan die platform gestuur en sal voortgaan om noodsaaklike inligting daaraan te voorsien soos wat dit beskikbaar raak. “Langs hierdie weg kan AfriForum bydra tot die beskerming en bevordering van Afrikaans in die breër landskap van tale in die wêreld,” het sy afgesluit.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest