Leesvordering:

Die mense wat dáár verbyloop

Mei 30, 2022

Deur Maxie Heppell

Where sin had been, there He went.
Where sin was, there He came.
What sin had done, that He strove to remedy.
The suffering made for Him a sphere.
R. Tuck

Haar naam is Ivanka, en kort nadat al die gruwelike massamoorde in die stad Bucha aan die lig gekom het, het sy besluit om haar hulp juis in daardie deel van die Oekraïne te gaan aanbied. In die strate van Bucha ontmoet sy eendag ’n man wat vertel hoedat hy alles daar verloor het. Sy seun is geskiet, ’n bom het sy huis platgevee.

“There is no joy left for me in this town,” het hy gesê. “The bullet holes in my fence remind me of all that I’ve lost.”

Dit is maar net een van te veel tragiese stories uit hierdie tyd in daardie omgewing.

’n Eerste reaksie sou dalk wees om die man se huis weer te help herbou, die stukkies van sy lewe te help optel. Niemand kan sy seun weer terugbring nie, maar ons kan die gaatjies toestop, of as dit moet, ’n nuwe heining bou.

Maar Ivanka kyk anders hierna.

Sigmund Freud skryf in 1929 oor die proses van rou:

No matter what may fill the gap, even if it be filled completely,
it nevertheless remains something else.
And actually that is how it should be.
It is the only way of perpetuating that love
which we do not want to relinquish.

Ivanka begin blommetjies verf om al die koeëlgate in Bucha. Geel en blou blommetjies, soos dit hoort, slaan oral op. Die leë gate van verwoesting wat daar netnou maar nog was, word nou ’n testament van hoop.

Sy begin by daardie man se heining, en eerder as om die slegte herinneringe te probeer toemaak – asof dit nooit gebeur het nie, asof sy seun nooit bestaan het nie – maak sy die harde buitelyne daarvan sagter, trek sy oog juis na die middelpunt van die seer toe, voordat sy blik wyer gaan en hy die nuwe lewe sien opstaan.

Jesus het nooit die hartseer van mense probeer wegpraat nie. Hy het nooit na maniere gesoek om ongemaklike oomblikke te vermy nie. Inteendeel, Hy gaan soek die een in pyn op by ’n waterput, in ’n storm, langs ’n graf.

Petrus se verraad, Tomas se twyfel, Paulus se verlede … Hoekom sou die Here wou hê dat ons dit moet weet? Sou sy storie nie soveel beter gewees het as dit sonder enige skrapnelgate vertel kon word nie?

Die ouer Bybelvertalings leer ons dat Hy nie ’n geknakte riet sal breek nie, ’n lamppit wat rook, nie sal uitdoof nie.

Maar as ons die wydheid van sy genade en liefde vir ons wil verstaan, is dit goed om te weet hoe stukkend daardie heining eers was:

He won’t walk over anyone’s feelings,
won’t push you into a corner.
Before you know it, his justice will triumph;
the mere sound of his name will signal hope, even
among far-off unbelievers.
Matteus 12:21 (The Message)

Hy maak nie of die heining nooit stukkend was nie.
Hy maak bloot die heining weer mooi.
En die mense wat dáár verbyloop, kry weer hoop.

Jou inspirasie vir die week: Plans

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest