Leesvordering:

Die vreemdste dinge om aan gewoond te raak in die buiteland

Mar 25, 2023

Ons het onlangs vir ons vriende in die buiteland gevra wat was die vreemdste om aan gewoond te raak in die buiteland. Ons het vreeslik baie antwoorde gekry. Hier is die toptien- vreemdste dinge om aan gewoond te raak in die buiteland volgens ons AfriForum Wêreldwyd-vriende.

Goeie kwaliteit meubels wat uitgesit word op die straat, vir ander mense om te neem.

  1. In Griekeland was ek geskok oor hoe mense bo-oor mekaar praat, mekaar in die rede val en verskriklik hard en aanhoudend praat.
  2. Om jou eie petrol in te gooi was definitief vir my die vreemdste om aan gewoond te raak.
  3. Om 110 km per uur te ry op ’n snelweg, my voet is nog steeds gewoond aan 120 km per uur.
  4. Die absolute stilte op ’n Sabbatdag in Israel.
  5. Goeie kwaliteit meubels wat uitgesit word op die straat, vir ander mense om te neem.
  6. Baie reguit mense en soms ongeduldige, knorrige mense.
  7. Jou lisensie kan weggevat word in Duitsland as jy besope op jou fiets gevang word.
  8. Kouevleisslaai en suuraartappelslaai.
  9. Die stiptelikheid van die treine, moltreine en busse in England.
  10. In Australië stap meeste mense by wie jy kuier, nie saam met jou kar toe nie. Hul sien jou af by die deur, die eerste keer het baie vreemd gevoel. Party van ons lekkerste geselsies gebeur mos maar by die kar net voor jy ry.

Woon jy in die buiteland? Wat was vir jou die vreemdste dinge om aan gewoond te raak toe jy geëmigreer het?

LEES OOK: Nuwe land, selfde jy: Oorwin só die kultuurskok

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest