Leesvordering:

Gebede vir jou toekomstige (of huidige) lewensmaat (Deel 3)

Mar 17, 2020

Ek hoop dat hierdie laaste paar weke jou net nader aan Jesus Christus gebring het soos wat jy vir jou toekomstige (of huidige) lewensmaat bid. Mag jy regtig die krag van gebed beleef en voel hoe die Heilige Gees oral om en in jou is.

“Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar harde werk” (Spreuke 31:11)

In my vorige blog(s) het jy gebid vir jou toekomstige (of huidige) lewensmaat se hart (uit Deel 1), dat hy God sal liefhê met sy hele hart (uit Deel 1), sy geestelike groei (uit Deel 2) en sy verhouding met God en ander (uit Deel 2)

Bid vir jou man in die gees vir die volgende:

5 Bid vir jou man se groei in die vrug van die Gees

“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.” (Galasiërs 5:22-23)

5.1 Liefde: Bid dat jou toekomstige lewensmaat sal wandel in die liefde van ons wonderlike Hemelse Vader. Bid dat hy Jesus Christus sal liefhê met alles in hom, asook die Woord van God en bid dat hy sy medemens sal liefhê soos wat hy homself lief het. “Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens lief het, voer die hele wet van God uit” (Romeine 13:8). Bid dat jou lewensmaat jou sal liefhê soos wat God sy kerk lief het en dat hy jou sal koester en beskerm julle hele lewe lank. “Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het” (Efesiërs 5:25); “Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself lief het en ’n vrou moet aan haar man eerbied betoon” (Efesiërs 5:33b).

5.2 Vreugde: Bid dat jou toekomstige man sy vreugde in God sal vind en dat hy elke dag positief sal aanpak met ’n blye hart en met die wete van “the joy of the Lord is my strength” (Nehemiah 8:10). “Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met ’n lied” (Psalm 28:7).

5.3 Vrede: Bid dat jou toekomstige lewensmaat die vrede van Jesus Christus sal ervaar. Bid dat hy in stresvolle tye sal weet dat daar ’n Verlosser is wie na hom sal omsien. “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Petrus 5:7). Bid dat hy in vrede sal leef met ander om hom (dit kan familie, skoolvriende, universiteitsvriende of kollegas wees). “Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ’n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie” (Hebreërs 12:14).

5.4 Geduld: Bid dat jou toekomstige lewensmaat geduldig sal wees en geduldig sal wag vir sy trouvrou deur die tyd wat hy ook vir jou bid. Wees jy ook geduldig in hierdie wagtydperk soos wat jy vir jou trouman bid. “Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie” (Romeine 8:18). Hierdie vers het ek in my hart gedra en gekoester in die tydperk wat ek vir my trouman moes bid en wag. Dit was nie altyd maklik nie, maar dit het my hoop gegee en my gehelp om geduldig te wag vir God se perfekte tyd. Bid ook dat julle eendag geduld sal hê vir mekaar wanneer julle die huwelik betree: “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie” (1 Korintiërs 13:4).

5.5 Vriendelikheid: Bid dat jou trouman vriendelikheid en warmte na buitentoe sal uitstraal sodat ander graag in sy teenwoordigheid sal wil wees. Dus kan jy bid dat die Heilige Gees hom moet vul en so ook sal lei in sy optrede teenoor ander mense. Wanneer ons die woord vriendelikheid in die helfte deel kry ons die woord “vriende”. Bid dus vir jou man dat hy goeie vriende sal ontmoet wat hom nader aan God sal bring, hom sal opbou en waarna hy kan opkyk en bid ook dat hy ’n goeie vriend vir ander sal wees waarna hulle kan opkyk. Bid dat julle ook eendag as ’n getroude paartjie goeie vriende sal hê. “Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde,   deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen” (2 Korintiërs 6:6-7).

5.6 Goedhartigheid: Die Griekse woord in Galasiërs 5:22 vir goedhartigheid is “agathosune” wat beteken om die regte ding te doen. Bid dat jou toekomstige lewensmaat ’n aanvoeling sal hê oor wat die regte ding is om te doen in elke situasie. Bid dat hy die wysheid, kennis en insig sal hê om altyd te weet wat goed en reg is in God se oë en dat die Heilige Gees hom sal lei om dan ook in goedhartigheid op te tree. “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is” (Romeine 12:2).

5.7 Getrouheid: Bid dat jou toekomstige lewensmaat altyd getrou sal wees. Getrouheid beteken om dit wat jy veronderstel is om te wees en om dit wat jy veronderstel is om te doen, aan te hou wees en aan te hou doen. Bid dat jou man ’n man van sy woord sal wees en dat hy getrou sal wees aan die persoon wie God hom gemaak het om te wees wat daagliks met al sy besluite deur die Heilige Gees gelei te word en sodat hy sal doen wat reg is in God se oë en nie in die oë van die wêreld nie. Bid dat jou man so getrou soos Moses sal wees: “Moses was as dienaar getrou in die hele huis van God en moes getuig van die dinge wat God nog sou sê” (Hebreërs 3:5).

5.8 Nederigheid: Bid dat jou trouman altyd nederig sal wees en dat hy niks vanselfsprekend sal aanvaar nie, maar dat hy God se genade en liefde in elke situasie in sy lewe sal raaksien, maak nie saak hoe suksesvol, slim of mooi hy is nie. Jesus was self daardie voorbeeld van nederigheid, want as die Koning van alle konings het Hy as ’n baba in ’n stal in ’n krip geslaap en Hy het ook op ’n donkie gery. Hoe meer jou man ’n sterker verhouding met Jesus bou, hoe meer sal hy leer van nederigheid: “Neem my juk op julle en leer by my, want ek is saggeaard en nederig van hart, en julle sal verkwikking vir julle siele vind” (Matt. 11:28-29). Bid dat hy ’n nederige hart sal hê wat vinnig is om sy sondes voor God te bely. Bid dat sy hart ’n sterk aanvoeling sal hê vir Jesus se stem.

5.9 Selfbeheersing: Bid dat jou toekomstige lewensmaat selbeheersing sal hê en dat hy nie sal val vir die versoekings van hierdie wêreld nie, maak nie saak in watter vorm dit is nie. Bid dat hy sal sterkstaan vir wanneer die duiwel vir hom lokvalle probeer stel en dat hy ook sal luister na God se stem om die regte pad te stap. Bid dat hy sal nadink oor sake voordat hy net blindelings optree en dat hy ’n wag voor sy mond sal sit. “’n Stad sonder ‘n muur om hom te beskerm, so weerloos is ‘n mens as hy nie selfbeheersing het nie” (Spreuke 25:28).

Lekker bid!

Liefde,

Leandie

Meer inligting en video’s oor hierdie reeks is beskikbaar op Bid is Braaf se Facebook-blad: https://www.facebook.com/bidisbraaf/

Skakels vir die video’s spesifiek oor hierdie blog:

Episode 3.1 (Vrug van die Gees): https://www.facebook.com/450082228770186/videos/2096281983968389/

Episode 3.2 (Vrug van die Gees): https://www.facebook.com/450082228770186/videos/1929828763986837/

Episode 3.3 (Vrug van die Gees) https://www.facebook.com/450082228770186/videos/242101703147389/

Meer oor die outeur

Leandie Bräsler

Leandie Bräsler is bestuurder van junior leierskapontwikkeling by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest