Leesvordering:

Leesgenot: Die geheim van Mussolini se kaart

Mar 7, 2022

Die langverwagte nuwe roman van Constant van der Merwe, Die geheim van Mussolini se kaart, verskyn in Maart by Penguin Random House. In tipiese Dan Brown-styl gaan hierdie boek jou op die punt van jou stoel hou.

Elena ontdek ’n ou kaart in die solder op hul plaas, ’n kaart wat haar Italiaanse oupa as krygsgevangene na Suid-Afrika gebring het. Dis ’n vonds wat kan lei na ’n goudskat wat die diktator Mussolini in oorlogsbunkers weggesteek is. Wanneer sy die kaart vir haar vriend in Stellenbosch, historikus Ernst, wys, bars alle hel los. In die chaos wat volg, word sý verdink dat sy Ernst vermoor het en moet sy vlug, nie net vir die polisie nie, maar ook die mense wat Ernst vermoor het. 

George, ’n vriend van Ernst, word teen sy sin by Elena se vlugtog ingetrek. Maar wanneer sy eie familie se lewens in gevaar kom, moet hy moeilike besluite neem. Laat hy Elena aan haar eie lot oor, of help hy haar om die skat via die Vatikaan – met al sy geheime en intriges – in Italië te gaan soek?

Prys: R290

Klik hier om die boek te koop.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest