Leesvordering:

’n Tradisionele Kersfeesviering in Ierland

Des 20, 2022

Terwyl Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan die kinders en kleinkinders of die broers en susters wat aan die ander kant van die wêreld die viering op hulle eie voortsit. Ons het die week met Hananja Liebenberg gesels om te hoor hoe hulle Kersfees in Ierland gaan vier.

Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies?

Kersfees is gewoonlik ’n baie jolige tyd. Dit begin regtig koud word en mense versier hul huise ongelooflik mooi. Hulle sit waarlik baie moeite daarin. Daar is soort van ’n tradisie onder die Ierse mense dat Kersseisoen eers begin nadat The late late toy show gewys het. Dit is ’n program wat kinders kyk oor al die nuutste en interessante speelgoed wat daardie jaar beskikbaar is. Dit word in ’n hele opvoering vertoon en baie welsynsorganisasies word daardeur gehelp. Dit is gewoonlik die laaste Vrydag in November. Daarna sit almal hul Kersliggies op en begin die groot Kersgeskenkinkopies.

Daar is ook die 12 kroeë van Kersfees- tradisie waar jy in een aand 12 drankies by 12 verskillende kroeë gaan drink. Almal gaan in groepe en dra gewoonlik dieselfde Kerstrui om spangees te bou.  

Daar is ook pragtige Kersmarkte oral. Daar is altyd lekker warm kos en warm wyn om jou warm te hou in die koue weer. Dit skep in ongelooflike lekker atmosfeer.

Geniet julle steeds ’n tradisionele Suid-Afrikaanse feesmaal of probeer julle nuwe disse?

Ons is bitter bevoorreg om hierdie jaar vir die eerste keer in vyf jaar familie by ons te hê wat Ierland toe getrek het vroeër die jaar. Ons het ook vir die eerste keer ’n huis vol kinders. Ons gaan dit hierdie jaar ekstra spesiaal maak. Soos die Ierse mense maak ons gewoonlik ’n warm ham met groente. Ons het deur die jaar begin om meer van hulle tradisionele kosse te maak soos Brusselse spruite met rooibosbessie en spek. 

Ons sal maar altyd teruggaan na wat ons ken en geniet, daar sal dus by die ete ook  pampoenkoekies wees en vir nagereg ’n warm malvapoeding.

Is daar mooi Kersliggies in jou buurt of ’n nuwe Kersfeesgier wat kop uitsteek in jou land?

Wanneer Desember aankom is die Kersliggies oorweldigend pragtig. Mense versier hul hele huis en tuin met Kersliggies. Almal het gedink dat die Kersliggies skaars sal wees met elektrisiteit wat so onbekostigbaar geraak het, maar ek dink die Kersliggies is iets wat almal nodig het ná ’n baie moeilike jaar

Hou julle by die ou tradisionele vieringe of vier julle Kersfees op nuwe maniere?

Ons het meestal maar nuwe tradisies aangeneem. Ons dra elke jaar ons snaakse Kerstrui en deel in die pret. Ons dogtertjie is 2 nou en geniet die “elf on the shelf” ook regtig baie. Sy is mal oor die liggies en raak opgewonde oor al gebeurtenisse om haar. Dit is lekker om al hierdie goed uit ’n nuwe perspektief te sien.

Ons geniet dit om Kersfeesmarkte in ander lande ook te sien. Ons gaan gewoonlik na hulle groot Kersmarkte toe. Ons was hierdie jaar bietjie in Italië. Dit was ’n ongelooflike ondervinding en hulle Kersmarkte is prentjiemooi.

Skryf vir ons

Woon jy in die buiteland of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en ons stuur vir jou vrae om te beantwoord.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

ʼn Reuseverkiesingsjaar kan wêreldpolitiek in nuwe rigting stuur

ʼn Reuseverkiesingsjaar kan wêreldpolitiek in nuwe rigting stuur

Deur Jaco Kleynhans Die Suid-Afrikaanse verkiesing wat oor enkele weke plaasvind, is van groot belang vir die toekoms van ons land. Hierdie verkiesing vind egter ook binne ʼn internasionale konteks plaas in ʼn jaar met deurslaggewende verkiesings wêreldwyd en die...

Kuiers by jou kinders in ’n verre land

Kuiers by jou kinders in ’n verre land

Wat ouers moet weet Deur Sulette Ferreira Die oomblik wat jy van die vliegtuig afstap, word jy oorweldig deur gemengde gevoelens – gevoelens van vreugde én onsekerheid. Jou hart loop oor van afwagting vir die langverwagte kuier by jou kinders en kleinkinders wat nou...

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Ons vra nie spesiale behandeling nie, ons vra net gelyke behandeling – AfriForum Nagenoeg een moord per week het gedurende 2023 op Suid-Afrikaanse plase afgespeel in die 296 plaasaanvalle wat gedurende dié tyd plaasgevind het. Dít terwyl die Suid-Afrikaanse regering...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest