Leesvordering:

AfriForum Wêreldwyd se spesiale Kersfeesuitgawe

Des 15, 2022

Ons het beloof dat die laaste nuusbrief van 2022 ’n spesiale Kersbrief gaan wees. Dankie aan al die vriende in die buiteland wat hul Kerservarings met ons gedeel het. Ons word op reis geneem na lande soos Viëtnam, Switserland, Finland en vele ander om te kyk hoe hulle Kersfees daar vier. Lees ook hoe om kontak met jou geliefdes te hou in hierdie Kerstyd.

Ons nooi jou uit om deel te word van die AfriForum Wêreldwyd-familie, en om AfriForum se opname te voltooi. Jy staan ’n kans om ’n geskenkbewys van Takealot of Amazon te wen.

Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Kollig Nuusbrief

Klik hier om die nuutste Wêreldwyd Kollig te lees.
Teken in op ons nuusbrief. Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Hier is die gewildste artikels:

300 Kersvaders in Guangzhou, China

Elke jaar, so twee weke voor Kersdag, trek so 300 van ons ekspats soos Kersvaders aan, dan klim ons in busse en stop by verskillende kroeë en restaurante in ons stad. Dit is nogal ʼn belewenis.

Ons geniet nog steeds ʼn tradisioneel Suid-Afrikaanse feesmaal. Ons is gewoonlik so ʼn paar gesinne wat elkeen sy gunstelingdis na die Kersgeleentheid toe bring, en as daar iemand van ʼn ander land is, bring hulle ʼn dis van hulle land ook saam. Daar was eenkeer ʼn Rus wat vir ons glühwein gemaak het, en dis iets wat ons nie gewoonlik in Suid-Afrika sal drink nie.

’n Nederlandse Kersfees

Die feesseisoen begin al 11 November en hou aan tot 1 Januarie. 1 November is die intog van Sint Maarten. Dit sorg vir groot opgewondenheid onder die jong kinders. Die woonbuurte wemel van kinders wat van deur tot deur loop met selfgemaakte lanterns en lawwe liedjies sing in ruil vir snoepgoed. Sint Maarten het skaars sy uittog gemaak, dan maak Sinterklaas (Sint Nicolaas) sy intog met al sy Piete in gelid. Sint Maarten se verjaarsdag is op 6 Desember. Vir ses weke los kinders ’n skoen by die voordeur met die hoop dat Sinterklaas en sy Piete ’n geskenkie daarin sal los.

Is jou familie in die buiteland dié Kersfees? Vier dit só saam met hulle

Dit is in dié tyd dat ons terugdink aan familie-etes op Oukersaand, aan saam geskenke oopmaak en selfs aan die goedkoop klappers wat met ’n knal ’n pen of sleutelhouer oplewer.

Hier is ’n paar maniere om Kersfees saam met jou geliefdes daar ver te vier as die gemis te erg raak.

Wenke om kinders groot te maak wat omgee

Dit is binnekort Kersfees: die tyd van gee. Pleks daarvan om ons kinders slegs te leer om aardse geskenke te ontvang en gee, kan ons hulle ook leer om emosionele geskenke te gee deur om te gee.

Volgens ’n artikel van die Harvard Graduate School of Education se Making Caring Common-projek toon navorsing dat die saadjies van omgee, empatie en medelye vroeg reeds in ons ontwikkeling geplant word. Kinders het egter volwassenes nodig om hulle te help om etiese mense te word wat vir hul medemense omgee.

AfriForum wil graag weet hoe jy dit ervaar om in die buiteland te woon

Ons versoek dus dat jy die volgende opname voltooi indien jy tans in die buiteland woonagtig is.

Die doel van hierdie opname is om jou grootste uitdagings te bepaal, asook jou siening oor taal en kultuur noudat jy in die buiteland gevestig is.

Die opname behoort nie meer as tien minute van jou tyd in beslag te neem nie. Voltooi dit asseblief so volledig moontlik.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest