Leesvordering:

Natuurhoekie – Plantsmokkelaars gefnuik

Sep 19, 2023

Deur Alana Bailey

Op 13 September 2023 het twee verdagtes in Riversdal se landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van beskermde plantspesies. Dit het gevolg nadat lede van AfriForum se Albertinia-plaaswag en Riversdal-buurtwag op 11 September gehelp het om dié verdagtes vas te trek. Hulle was in besit van sowat 50 plante van meer as 25 verskillende bedreigde spesies, insluitend protea, fynbos- en vetplantsoorte.

Dié arrestasies spruit uit knap patrollering deur lede van die Albertinia-plaaswag wat die betrokke dag omstreeks 11:20 ’n voertuig, wat al vantevore as verdag aangemeld is, in die omgewing opgemerk het. Verskeie plante was duidelik sigbaar in die voertuig. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Cape Nature Riversdal is van die verdagte voertuig in kennis gestel. Met hul aankoms is bepaal dat die verdagtes inderdaad in die onwettige besit van bedreigde plantspesies was en hulle is gearresteer.

Die smokkel van plante is tans ’n reuse-uitdaging in die Suid-Kaap. Verskeie AfriForum-takke in dié streek werk nou saam met die plaaslike polisie en gemeenskapspolisiëringsforums om hierdie smokkelaars aan te keer.

Johan Wessels, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Hessekwa-tak, vertel dat die gesteelde plantjies dikwels in ou voertuigbuitebande versteek en vervoer word. ’n Gevulde band word dan op die swartmark teen duisende rande verkoop.

Die toename in onwettige planthandel word meestal gedryf deur versamelaars van China en Korea. Internasionale sindikate betaal ook plaaslike inwoners om skaars plante wat in die natuur voorkom, te soek en verhandel. Plantsmokkelaars is nog nie so gevaarlik of goed georganiseerd soos renosterstropers nie, maar die probleem neem ontstellend vinnig toe en bedreig Suid-Afrika se biodiversiteit en ekotoerisme-sektor. Juis daarom is die betrokkenheid van gemeenskapsorganisasies soos AfriForum se takke noodsaaklik om die smokkelary in die kiem te smoor.

Lees die mediaverklaring hier.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest