Leesvordering:

Nuwe boek bied eenvoudige antwoorde op jonges se taaiste vrae

Apr 8, 2020

Jong Afrikaners staar talle uitdagings in die gesig en moet dikwels antwoorde bied op taai of tartende vrae oor sake soos apartheid, regstellende aksie, moedertaalonderrig en geloof. Afrikanertoekoms 101: ’n Vraag- en antwoordgids vir jong Afrikaners is op 2 April aanlyn bekendgestel (kyk hier na die bekendstelling) en daarin stel die jeug hul vrae direk en sonder enige voorbehoud.

Deur middel van 15 e-posse korrespondeer die jonger geslag, by monde van Paul Maritz (Solidariteit Jeug-bestuurder) met die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys. Buys antwoord op ’n eenvoudige, maar praktiese én gebalanseerde wyse met die naakte feite oor onder meer wanbestuur, bevoorregting, die ekonomie en die geskiedenis. Hy put uit die kennis van verskeie internasionaal gerekende politieke ontleders, ekonome, historici en skrywers, en maak hul kosbare lesse verteerbaar vir die jong Afrikaner in 2020.

Dié gids bied ’n waardevolle hulpmiddel aan elke jong Afrikaner wat hier wil bly, werk, leef én bou aan ’n beter toekoms.

Die filosoof en akademiese hoof van Akademia, prof. Danie Goosen, skryf soos volg oor dié boek: “Die briefwisseling tussen Flip Buys, ervare politieke denker, en Paul Maritz, sy jong gespreksgenoot, is nie groot in omvang nie. Selfs een groot asemteug is genoeg om dit deur te lees. Nogtans is die vrae en antwoorde wat dit aan die orde stel, buitengewoon gewigtig. Dit weeg swaar in die gemoed van talle jong mense … Daar word op ’n eenvoudige, genuanseerde en oortuigende wyse op die vrae geantwoord. Ten grondslag van die briefwisseling lê niks minder as ’n ‘realistiese hoop’ nie. Elke leser sal waarskynlik deur iets anders in die briefwisseling getref word.”

Afrikanertoekoms 101 (R50) is nou reeds beskikbaar vir bestellings deur www.kraaluitgewers.co.za. (Weens die huidige COVID-19-regulasies wat in Suid-Afrika geld, sal alle bestellings eers na afloop van die grendeltyd verwerk en versend kan word.)

Kontak gerus kraal@kraaluitgewers.co.za vir meer inligting.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest