Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Audella Athleisure

Jun 27, 2023

Dié week se kollig val op plaaslike Audella Athleisure wat hulle produkte uitvoer na ander lande soos, Nederland, België, Frankryk, Luxemburg, Oostenryk, Duitsland en die Verenigde Koninkryk.

Audella Athleisure is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Audella Athleisure:

Audella is ’n handelsmerk diepgewortel in die begeerte om vroue te ondersteun en op te hef, ongeag hul agtergrond en lewenstyl. Audella Athleisure se drag word van tegniese materiaal gemaak, ontwerp om gemak, ondersteuning en veelsydigheid te verskaf. Ons is trots daarop dat al ons kledingstukke deur vroue van Afrika vervaardig word, so wanneer jy ’n kledingstuk koop, koop jy nie net ’n kledingstuk nie, maar jy speel ook ’n aktiewe rol in die opheffing van hierdie Suid-Afrikaanse vroue wat geleenthede skep om vir hulself en hul families ’n toekoms te voorsien.

Ons glo ons klere kan vroue bemagtig; die vroue wat betrokke is in ontwerp, dié betrokke in vervaardiging en dié vroue wat die handelsmerk dra, liefhet en ondersteun. Ons hoop dat wanneer jy Audella dra, jy selfversekerd, bemagtig en geïnspireer voel om betekenisvolle aksie te neem om betrokke te raak by die vroue in jou gemeenskappe, sodat ons saam ’n nalatenskap vir toekomstige generasies kan bou.

Audella se klere word na Nederland, België, Frankryk, Luxemburg. Oostenryk, Duitsland, en die Verenigde Koninkryk verskeep.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikanergasvryheid te veel raak.

Kontak Audella Athleisure

Klik hier om Audella Athleisure se Instagram-profiel te besoek.

Klik hier om Audella Athleisure op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest