Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Juniper Shores

Nov 9, 2022

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Juniper Shores in Surrey, Engeland.

Juniper Shores is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Die gids maak dit vir mense moontlik om Suid-Afrikaanse ondernemings in ander lande te ondersteun.

By Juniper Shores bied ons ’n pasgemaakte diens en ons werk saam met jou om beheer te neem van jou daaglikse take en besige skedule, om jou of jou geliefdes se hervestiging in ’n nuwe land te bestuur, en om jou lewe makliker te maak deur jou te help sodat jy meer tyd tot jou beskikking het vir die dinge wat regtig saakmaak.

As jou omstandighede dus van so ’n aard is dat jy jou in ’n ander land moet vestig, of as jy net ’n lastige takie of werkie aan iemand anders wil oorgee, kan jy op Juniper Shores staatmaak om voluit vir jou eersteklasdiens te lewer. Rozanna en Samantha is albei in Suid-Afrika gebore en getoë voordat hulle na Surrey in Engeland verhuis het. Rozanna het meer as 25 jaar se ondervinding in die reisbedryf en het ’n suksesvolle familie-onderneming in Johannesburg bestuur met meer as 30 personeellede. Samantha het meer as 20 jaar se werkservaring in Suid-Afrika sowel as Londen in finansies en projekbestuur.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest