Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Kloek Klub

Feb 28, 2023

Dié week se kollig val op Kloek Klub in Rotterdam, Nederland.

Kloek Klub is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat die kans vandag en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor Kloek Klub:

Kloek is ’n organisasie sonder winsbejag wat by die KVK geregistreer is (registrasienommer 84440775), met die doel om wins wat uit ons geleenthede gemaak word, te gebruik om mense in ons nabye omgewing te help. Ons bied geleenthede aan, gewoonlik in die vorm van ’n “high tea” of werkswinkel met ’n tema waar jy ’n nuwe vaardigheid kan aanleer of ’n nuwe ervaring kan beleef.  

Dit bied ’n platform vir vroue om hul talente te deel, mekaar te inspireer en nuwe idees te toets; selfs ook om mekaar te help om hul drome en ondernemings te laat groei. En die beste deel: 30% van jou bywoningsfooi gaan direk na die Kloekfonds om mense te help wat dit nodig het.

Dit is ons! Michelle Lintvelt en Nannette Thompson; beste vriendinne sedert hoërskool.

Ons het saam grootgeword, albei gestudeer om geöktrooieerde rekenmeesters te word en mekaar in 2018 na Nederland gevolg, met ons eggenote, twee hasies en twee worshonde op sleeptou. Ons saamgeflanste “familie” het intussen ook ’n pragtige babaseuntjie ryker geword. 

Kloek is baie jare gelede gebore toe ons veronderstel was om te leer, maar verkies het om uit te stel deur laatnaggeselsies oor hoe ons eendag die wêreld sou probeer verander.

Om meer uit te vind oor Kloek Klub en hoe jy kan betrokke raak besoek gerus hulle webtuiste.


Kontak vir Kloek Klub

Klik hier om Kloek Klub se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Kloek Klub op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest