Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Saarkie Stories

Apr 26, 2023

Dié week val die kollig op Saarkie Stories in Nieu-Seeland

Saarkie Stories is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Is jy op soek na Afrikaanse en ’n bietjie Engelse leesstof in Nieu-Seeland? Ons het presies wat jy nodig het! Ons verkoop boeke in Albany en aanlyn en ons kan dit in Nieu-Seeland en na oorsese bestemmings pos.

Afrikaanse leesboeke vir grootmense, kinders, tieners, begin en leer lees – ware stories, Christelike stories, vyf-minuut verhale vir kinders, kook- en gruwelstories – daar is tonne om van te kies en te keur. Enigiets van boekies vir babas, tot tieners wat Trompie en Saartjie lees, inkleur- en aktiwiteitsboeke tot baie ander genres, insluitende dagboeke en Bybels.

Saarkie Stories is ’n depot vir Saarkie Limited vir die aflewering en afhaal van internasionale pakkies. Koste vir nasionale aflewering in Nieu-Seeland tot op 25 kg begin by $10 per pakkie met binnelandse koerier.

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net te ver weg is.

Kontak Saarkie Stories

Klik hier om Saarkie Stories se webtuiste te besoek.
Klik hier om Saarkie Stories op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest