Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: The South African Place

Sep 18, 2023

Dié week val die kollig op ’n onderneming in die kleinhandelbedryf. The South African Place verskaf eg Suid-Afrikaanse produkte in Australië.

The South African Place is ’n klein familiebesigheid wat deur Wilna en haar gesin bestuur en bedryf word. Wilna kom oorspronklik van Bloemfontein af. Sy is plat op die aarde en het ’n lekker Afrikaanse aksent. Sy gee om vir mense en is passievol oor alles wat Suid-Afrikaans is.

The South African Place bied ’n wye reeks Suid-Afrikaanse produkte wat jou nostalgies laat voel en die verlange huis toe ’n bietjie stil.

Wilna en haar gesin sien daarna uit om jou te ontmoet en met ’n warm glimlag te verwelkom.

The South African Place is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net vir besigheidsdoeleindes bedoel nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningstelsel te bou vir daardie dae wanneer die hunkering na die onmisbare Afrikaner-gasvryheid net te erg raak.

Kontak The South African Place

Klik hier om The South African Place se webtuiste te besoek.

Klik hier om The South African Place op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

*

Na watter soort diens of produk is jy op soek in die buiteland? Besoek AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids vir ander soorte ondernemings.

Kry jy nie wat jy soek nie? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za waarvan jy meer wil weet.v

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest