Leesvordering:

Onderneming in die kollig: Versfeld Law

Jul 14, 2021

Dit is ’n uitdaging om in ’n nuwe land aan te pas. Alles is anders, en dit kan nogal ’n avontuur word om jou gunsteling- Suid-Afrikaanse produkte op te spoor. Gelukkig is Wêreldwyd hier om jou te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is uniek. Hier kan jy verskeie Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld opspoor, wat ’n netwerk van Suid-Afrikaners in die buiteland vorm. Hierdie week se onderneming is Versfeld Law in die VSA.

Adv. Leon Versfeld is ’n prominente prokureur wat in besigheidsimmigrasie in Amerika spesialiseer en aan die globale immigrasieregsfirma prokureur Versfeld & Hugo, LLC verbonde is. Hy verteenwoordig verskeie Amerikaanse Fortune 500-maatskappye sowel as ’n paar topligasportorganisasies, beleggers en mense met uitsonderlike kuns- en sporttalent. Leon word deur sy eweknieë beskou as een van die top-5% prokureurs in Amerikaanse immigrasiewetgewing in Missouri en Kansas en het die hoogste gradering by Martindale Hubble. Hy word gereeld uitgenooi om – nasionaal en internasionaal – toesprake oor Amerikaanse immigrasiewetgewing te lewer en is die outeur van verskeie regsartikels oor Amerikaanse immigrasiewetgewing, soos die lessenaarboek vir regslui, Immigration and Naturalization Practice, wat deur die Missouri-balie gepubliseer is. Leon dien op die direksie van die Kansas City Metropolitan Bar Association, waarvan meer as 5 000 prokureurs lid is. Leon het aan die Universiteit van Pretoria in Suid-Afrika gegradueer en is gelisensieer om in die Verenigde State, Suid-Afrika, Engeland en Wallis in die regte te praktiseer.

Kontak Versfeld Law:

Telefoon: +1 816 891 8600

E-pos: pnm@versfeldlaw.com

Klik hier om Versfeld Law se Facebook-blad te besoek

Klik hier om VersFeld Law se blad te besoek op Wêreldwyd se Wêreldgids

 

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest