Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Vic & Vee Interiors

Jun 14, 2023

Dié week se kollig val op Vic & Vee Interiors in Ierland.

Vic & Vee is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Vic & Vee Interiors:

Ons het ’n passie vir spesiale en interessante binnenshuise dekor en ons tuisland het ’n plek in ons hart.

Ons onderneming is in die Republiek van Ierland. Ons verkoop unieke dekoritems wat op verantwoordelike wyse uit Suid-Afrika verkry word. Ons fokus daarop om items te vind wat enig in hul soort is vanaf verskaffers wat ons vertrou.

Deur ons aanlyn winkel wil ons ook die ryk talent en hulpbronne van Suid-Afrika en sy mense aan die wêreld ten toon stel en oorsese blootstelling bied aan klein besighede in Suid-Afrika. Ons produkte en vakmanne is uniek, anders en outentiek. Items in ons winkel sal beslis ’n stelling maak en ’n gesprek ontlok!

Produkte word op ’n verantwoordelike wyse bekom, die mense wat dit vervaardig word regverdig vergoed en invoere vind wettig deur doeane plaas.

Ons verskaffers is klein ondernemings en entrepreneurs in Suid-Afrika.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikanergasvryheid te veel raak.

Kontak Vic & Vee Interiors

Klik hier om Vic & Vee Interiors se webtuiste te besoek.
Klik hier om Vic & Vee Interiors op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest