Leesvordering:

Onderrig in die buiteland – Oorweeg moedertaalonderrig

Jan 27, 2021

Moedertaalonderrig is belangrik – ongeag of jy in Suid-Afrika woon of jou in die buiteland bevind. Navorsing wys dat kinders wat in hulle moedertaal onderrig word, beter presteer op beide skool- en tersiêre vlak. Die kern van moedertaalonderrig is dat kinders die fundamentele konsepte van ’n vak in hulle moedertaal leer. Sodra hulle dit snap, kan hulle dit in ’n tweede taal toepas. Daarom is dit vir baie ouers ’n goeie opsie om hulle kinders aanvanklik in hulle moedertaal te laat skoolgaan en kies sommige ouers in die buiteland selfs om hulle kinders te tuisonderrig.

Nieu-Seeland

In Nieu-Seeland is kinders tussen die ouderdomme van ses en sestien wetlik verplig om skool te gaan. Jy moet by die Departement van Onderwys aansoek doen en toestemming kry om jou kinders te tuisonderrig. Die departement sal dan bepaal of jy aan al die wetlike vereistes voldoen.

Australië

Ses state in Australië het elk hulle eie wetgewing rakende onderwys. Tuisonderrig is wel wettig in al ses, maar jy moet by die plaaslike onderwysdepartement daarvoor registreer. Elke staat het hulle eie vereistes waaraan jy moet voldoen.

Kanada

Ook in Kanada het elke provinsie hulle eie wetgewing rakende tuisonderrig. Alberta vereis byvoorbeeld dat ouers by die provinsie moet registreer en hulle opvoedingsprogram laat goedkeur. Daar is drie opsies:

  • Jy kan jou eie leerplan opstel.
  • Jy kan die regering se leerplan gebruik.
  • Jy kan ’n skool se leerplan volg.

Engeland

In Engeland is dit wettig om jou kind hetsy deeltyds of voltyds te tuisonderrig. Indien jou kind reeds by ’n skool ingeskryf is, moet jy ’n brief aan die onderwyser skryf om te sê dat jy jou kind uit die skool wil haal. Daarbenewens hoef jy nie die nasionale skoolkurrikulum te volg nie. Leerders wat ná skool aansoek doen vir tersiêre onderrig, moet egter akademiese sertifikate indien en ’n kollege of universiteit mag die General Certificate of Secondary Education (GCSE) of A-vlakuitslag vereis of vereis dat hulle die eksamen aflê.

Indien tuisonderrig nie moontlik is nie

Die moontlikheid bestaan ook dat jy kies om jou kinders eerder by ’n plaaslike skool in te skryf. Hoewel hulle dan in ’n ander taal skoolgaan, is daar ander opsies om seker te maak dat hulle in hul moedertaal bly leer. Hier is ’n paar dinge wat jy as ouer kan doen:

1. Lees Afrikaans

Lees verbeter nie net kinders se algemene kennis, taalvermoë en kommunikasievermoë nie, maar stel hulle ook bloot aan ’n baie wyer wêreld as net die land waarin hulle woon. As jy jou kinders aanmoedig om Afrikaans te bly lees, stel jy hulle bloot aan hulle moedertaal en kultuur. Dit verseker dat hulle in hulle herkoms gewortel bly.

2. Maak Afrikaans deel van julle lewe

Jy is jou kinders se beste voorbeeld van die taal wat jy wil hê hulle moet aanleer. As ouer kan jy seker maak dat Afrikaans deel is van jou gesin se daaglikse lewe. Speel Afrikaanse musiek, kyk Afrikaanse TV-programme (die internet maak dit so maklik), maak tradisionele kosse en gesels met hulle in hulle moedertaal.

3. Vier internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie

In 1999 het UNESCO die Internasionale Moedertaaldag ingestel om mense bewus te maak van die belang van moedertaalonderrig en veeltaligheid. Op dié dag vier ons die diversiteit van die wêreld se moedertale en moedig mense aan om trots te wees op hul herkoms en om hulle kultuur en erfenis te bewaar. Deur jaarliks Moedertaaldag te vier, kan jy as ouer jou kinders leer hoe belangrik hulle ryk kulturele herkoms is.

 

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Breytenbachs Immigration Consultants Limited

Onderneming in die Kollig: Breytenbachs Immigration Consultants Limited

Hierdie week se kollig is op Breytenbachs Immigration Consultants Limited. Breytenbachs Immigration Consultants Limited is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

ʼn Reuseverkiesingsjaar kan wêreldpolitiek in nuwe rigting stuur

ʼn Reuseverkiesingsjaar kan wêreldpolitiek in nuwe rigting stuur

Deur Jaco Kleynhans Die Suid-Afrikaanse verkiesing wat oor enkele weke plaasvind, is van groot belang vir die toekoms van ons land. Hierdie verkiesing vind egter ook binne ʼn internasionale konteks plaas in ʼn jaar met deurslaggewende verkiesings wêreldwyd en die...

Kuiers by jou kinders in ’n verre land

Kuiers by jou kinders in ’n verre land

Wat ouers moet weet Deur Sulette Ferreira Die oomblik wat jy van die vliegtuig afstap, word jy oorweldig deur gemengde gevoelens – gevoelens van vreugde én onsekerheid. Jou hart loop oor van afwagting vir die langverwagte kuier by jou kinders en kleinkinders wat nou...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest