Leesvordering:

Pres. Steyn en die “Boom van sameswering”

Sep 23, 2022

Deur Ilze Nieuwoudt

Die laaste president van die Vrystaat, M.T. Steyn, se plaas Onze Rust is nagenoeg 22 km suid van Bloemfontein geleë. Hy het die plaas in 1897 gekoop en wel nie tydens sy ampstermyn op die plaas gewoon nie, maar hom tog in 1905 daar gevestig. ’n Groot olienhoutboom op dié plaas heet die “Boom van sameswering” en was die toehoorder van verskeie belangrike samesprekings wat Steyn in die skadu van die boom met vertrouelinge gehad het. Dit was ook volgens oorlewering die plek waar Steyn rus en vrede gaan opsoek het. Dié boom staan steeds digby die hoofhuis op Onze Rust en is ’n nasionale monument. Naby die “Boom van sameswering” is ook die graf van Steyn se getroue Griekwa-agterryer, Ruiter. Steyn en Ruiter se vertrouensverhouding getuig van die vreedsame ingesteldheid wat Steyn met sy medemens gehad het. Gedurende die Anglo-Boereoorlog het Steyn verskeie noue ontkomings gehad. In een spesifieke geval, in Julie 1901, het Ruiter sy lewe gered. Volgens verskeie bronne het Steyn en Ruiter ’n hegte band gehad. Benewens die “Boom van Sameswering” (wat volgens berekenings reeds sowat 500 jaar oud is) is daar verskeie ander bome op Onze Rust wat getuig van Steyn se liefde vir bome. Hy het onder meer verskeie boomplantprogramme as president onderneem. Die president het onder meer ook ’n aantal bloekombome net wes van die plaasopstal (sien foto) aangeplant wat vandag nog deel vorm van ’n koel, boomryke lappie in die hartjie van die Vrystaat.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Ons vra nie spesiale behandeling nie, ons vra net gelyke behandeling – AfriForum Nagenoeg een moord per week het gedurende 2023 op Suid-Afrikaanse plase afgespeel in die 296 plaasaanvalle wat gedurende dié tyd plaasgevind het. Dít terwyl die Suid-Afrikaanse regering...

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest