Leesvordering:

Simon van der Stel se kamfers op Vergelegen

Sep 5, 2022

Deur Ilze Nieuwoudt

As die vyf reusagtige kamferbome voor die hoofhuis op die plaas Vergelegen in Somerset-Wes kon praat, sou dié bome eeue se stories kon vertel. Kamferbome – oftewel Cinnamomum camphora – is teen omstreeks 1670 die eerste keer na die Kaap gebring en is inheems in China en Japan. Daar is nie eenstemmigheid oor die jaar waarin die Vergelegen-kamferbome aangeplant is nie. Volgens die gedenkplaat wat deur die bestuur van Vergelegen by die bome opgerig is, is dit een of ander tyd tussen 1700 en 1706 deur Willem Adriaan van der Stel aangeplant. Van der Stel was vanaf 1699 tot 1707 goewerneur aan die Kaap en het sy pa, Simon, as goewerneur opgevolg. Willem was vanaf 1700 eienaar van Vergelegen nadat die grond aan hom geskenk is. Die historikus dr. J.J. Oberholster voer egter aan dat daar nie klinkklare bewyse bestaan om te bevestig dat die bome in Van der Stel se tyd aangeplant is nie. Daar word wel wyd aanvaar dat die bome nagenoeg 300 jaar oud is. Die bome is in 1942 tot nasionale monumente verklaar. ’n Eikeboom, wat in dieselfde tyd as die kamferbome aangeplant is, staan ook naby die hoofhuis en troon nagenoeg 14 meter in die blou Kaapse lug in. Dié steeleik (Querus robus, “English oak”) is waarskynlik die oudste van sy soort in die land. Steeleike is in 1656 vanuit Wes-Europa na die Kaap gebring.


Bronne: 

Oberholster, J.J. 1972. Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, p. 104.  

Pillay, K. 2020. “Digging into the historical roots of Vergelegen”, MatieMedia, 30 November. https://www.matiemedia.org/digging-into-the-historical-roots-of-vergelegen/ [2 September 2022]

Vergelegen. n.d. “Cinnamon camphora”-kennisgewingbord op Vergelegen.

Vergelegen. n.d. “Quercus robur”-kennisgewingbord op Vergelegen.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Ons vra nie spesiale behandeling nie, ons vra net gelyke behandeling – AfriForum Nagenoeg een moord per week het gedurende 2023 op Suid-Afrikaanse plase afgespeel in die 296 plaasaanvalle wat gedurende dié tyd plaasgevind het. Dít terwyl die Suid-Afrikaanse regering...

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest