Leesvordering:

Gregoire Boonzaier: Bewaarder van natuurerfenis op doek

Sep 5, 2022

Deur Ilze Nieuwoudt

Gregoire Boonzaier se kenmerkende kuns verdien ’n plek in vanjaar se Erfenismaand-ranglys. Dié hoogs produktiewe kunstenaar is in Julie 1909 gebore en was die seun van die gewilde spotprenttekenaar D.C. Boonzaier. Gregoire het hom reeds op 14-jarige ouderdom ernstig aan sy kuns toegewy en vanaf 1925 ’n besonder unieke styl ontwikkel. Hy het baie gedoen om kunswaardering in Suid-Afrika te bevorder en is in April 2005, in die ouderdom van 95 jaar, op Onrus oorlede. Sy landskappe, portrette en stillewes is steeds uiters gewild en is in die Kaapse Impressionistiese styl geskilder. Sy kenmerkende boomskilderye vorm ’n besondere deel van Suid-Afrika se erfenis. Boonzaier het die volgende oor sy kuns gesê: “My work is my handwriting. People must recognise it as my own. My style, with all its shortcomings and limitations, is a part of me. I am not one who believes in or likes experimentation for its own sake, or too many different styles. I think an artist can achieve far more if he develops his own style to full maturity. It is better for a man to walk a straight course than to waste time by exploring each little by way.”


Bronne:

Oberholster, J.J. 1972. Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, p. 223.  

Bekker, M. 1990. Gregoire Boonzaier. Cape Town: Human & Rousseau, p. 79.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest