Leesvordering:

Sol-Tech betree nuwe era met toevoeging van IT-opleiding

Jan 17, 2023

Sol-Tech kondig met trots aan dat die instelling in 2023 sy opleidingsaanbod vergroot deur inligtingstegnologie-opleiding by die bestaande ambagsopleiding te voeg. 

Sol-Tech spits hom sedert 2007 daarop toe om gehalte ambagslui aan die industrie te lewer. Volgens besturende direkteur, Paul van Deventer,  is Sol-Tech se visie vanuit die staanspoor om jongmense indiensneembaar te maak en só ’n goeie toekoms vir hulle te skep.

“Navorsing toon duidelik dat daar ’n reusetekort aan gehalte IT-opleidingsinstansies en -personeel in Suid-Afrika is. As beroepsopleidingsinstansie betree ons nou ’n nuwe era met dié uitbreiding. Dit bring ons ook nader aan die verwesenliking van ons visie.” 

Alhoewel Sol-Tech ’n nuwe opleidingsveld betree, gee Van Deventer die versekering dat hierdie uitbreiding ook op dieselfde Sol-Tech-grondbeginsels van die afgelope vyftien jaar geskoei is. Sol-Tech-studente vaar uitstekend in die werkplek omdat hulle industrie-relevante praktiese opleiding as deel van ’n verrykte kurrikulum ontvang, met uitstekende fasiliteerders wat dit aanbied. Die ontwikkeling van sagte vaardighede is ook ’n prioriteit.

Sol-Tech se toetrede tot die inligtingstegnologie-veld ontsluit verskeie opleidingsmoontlikhede en -rigtings binne ’n baie dinamiese omgewing. Virtuele laboratoriums maak opleiding uiters toegangklik met verskeie programme wat aan skoolverlaters geleenthede bied, asook aan mense wat reeds in die industrie werk en verdere ontwikkeling wil doen. Die snelle vooruitgang in die tegnologiese wêreld maak opleiding in infrastruktuur, sagtewareontwikkeling, kubersekuriteit en data gewild en uiters relevant. Studente kan aanvanklik uitsien na programme wat op drie areas fokus, naamlik data-en wolk, IT-ondersteuning en -netwerk en kubersekuriteit. Verdere uitbreidings sal later volg. 

Sol-Tech het spesifiek die internasionaal erkende CompTIA (the Computing Technology Industry Association) as opleidingsvennoot gekies. CompTIA se programme geniet 

internasionale erkenning en word in die industrie hoog geag. Só word studente verseker van uitstekende onderrig.   

Volgens Van Deventer kan die eerste studente reeds in April met studies begin, waarna daar deurlopende innames sal wees. Studente kan daarna uitsien om die programme aanlyn te voltooi, met die toegevoegde waarde van blokweke in die goed toegeruste laboratorium op die Sol-Tech-kampus in Monumentpark.

“Ons is baie opgewonde om hierdie volgende fase te betree,” beaam Van Deventer. 

Sol-Tech is in 2007 gestig om studente met kritieke en skaars vaardighede toe te rus. Agt ambaggerigte kwalifikasies word tans aangebied, naamlik vir elektrisiëns, dieselwerktuigkundiges, meulmakers, gereedskapmakers, passers-en-draaiers, megatroniese tegnici, outo-elektrisiëns en sweisers.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest