Leesvordering:

Tydsberekening beïnvloed verhuisingskoste

Aug 31, 2022

Deur Robin Vogels

Hierdie artikel fokus op wanneer die beste tyd is om te verhuis na Australië, maar hierdie wenke is ook nuttig vir enigiemand wat na ’n ander lande toe moet verhuis.

Die tyd wanneer jy verhuis kan koste-implikasies hê. Ons kyk na ’n paar faktore wat jy in gedagte moet hou wanneer jy jou verhuising beplan.

Verhuisingskontrakteurs

Wanneer verhuisingskontrakteurs te veel werk het, sal hulle hoër tariewe vra. Om billik te wees, daar is faktore wat hierdie hoër tariewe beïnvloed, en een daarvan is die indiensneming van bykomende personeel om die werklading te hanteer. Arbeidskoste is ’n belangrike faktor by die koste van verhuising. 

Soos met die meeste dinge het verhuisingskontrakteurs ook ’n hoogseisoen. Vir Australië is dit die somer. Baie mense verhuis plaaslik in hierdie tyd. Wat internasionale verhuising betref, as jy tans in die suidelike halfrond is, sal dit somer wees in die land waarvandaan jy verhuis asook by jou aankoms in Australië – en dit sal ’n uitwerking op jou kwotasies hê.

Oplossing: Die uitweg hier is om jou verhuisingskwotasies vroeg in jou verhuisingsproses te kry, so vroeg moontlik en knoop dit vas. As jy dit doen en hulle raak besiger in hulle kwoteringsfase, sal hulle ander kwotasies verhoog, nie joune nie. 

Akkommodasie

Weer eens is die hoogseisoen dieselfde orals ter wêreld. As jy besluit om gedurende die Australiese somer te verhuis, kan jou tydelike akkommodasiekoste 20–30% hoër as gewoonlik wees. Neem dit in ag. Ongelukkig sal die pryse vir die hoogseisoen reeds vasgestel wees, ongeag hoe vroeg jy akkommodasie bespreek. Maar hoe vroeër jy bespreek, hoe ’n groter keuse sal jy hê – en terwyl daar nog ’n keuse is, is daar ’n kans om geld te bespaar.

Dis nie net slegte nuus nie. Daar is altyd maniere om elders in jou verhuisingsproses geld te bespaar as jy gedurende die hoogseisoen moet verhuis. Ons weet die meeste mense met kinders van skoolgaande ouderdom sal aan die begin van die skooljaar verhuis. In Australië is dit Januarie, somer en hoogseisoen.

Oplossing: Akkommodasie-alternatiewe. Deur ’n verhuisingsmaatskappy te gebruik, kan jy jou verblyf in tydelike akkommodasie verkort, of ’n diens soos INSPECT4U by Personnel Relocations sal tydelike akkommodasie heeltemal uitskakel. 

Nog ’n goeie opsie vir die hoogseisoen is om iemand se huis op te pas. Daar is webwerwe soos Aussie House Sitters in Australië, waar mense gesoek word om ander mense se huise vir lang tydperke op te pas. Weereens, as jy dit vroeg reël, sal jy meer opsies hê. 

Bonuswenk: Wanneer jy huisoppassery of tydelike akkommodasie reël, maak seker daar is genoeg gerieflike koswinkels, markte of kruidenierswinkels naby. Jy wil geld bespaar wat motorhuur en brandstof betref, en dit is dus belangrik om sulke winkels binne loopafstand te hê.

Skoolgeld

Lewenskoste in Australië is hoog, en so ook die koste van onderwys. Privaat skole kan meer as $30 000 per jaar vra, en selfs openbare skole kan etlike duisende dollar per jaar kos. Hoewel onderwys in Australië duur kan wees, is daar verskeie maniere om die koste te verlaag as jy op die regte tyd verhuis.

Een manier is om tweedehandse skooluniforms te koop. Aan die begin van die skooljaar of selfs aan die einde van die vorige jaar sal daar mense wees wat uniforms en boeke wil verkoop. 

Oplossing: Hou Facebook Marketplace dop of doen navraag by die skool wat die kinders gaan bywoon. Die meeste skole het deesdae ’n Facebook-blad om gebruikte skooluniforms te verkoop. Hou in gedagte dat ’n uniform vir ’n privaat skool jou $800 tot $1 000 uit die sak gaan jaag. Om gebruikte uniforms te koop, is ’n uitstekende manier om geld te bespaar.

Klik hier vir Personnel Relocations op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

Robyn Vogels

Robyn Vogels het Personnel Relocations in 2008 gestig om mense wat na Australië verhuis te ondersteun. Haar persoonlike ervaring van verhuising oor die wêreld heen gee haar begrip vir die ingewikkelde verhuisingsproses, veral vir gesinne met kinders. Haar dienste vereenvoudig die proses om dit gemaklik en moeitevry te maak teen ’n bekostigbare prys.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest