Leesvordering:

VALENTYNSDAG-KOMPETISIE: Wen sterlingsilwer juwele met Alzera Design

Feb 1, 2022

Alzera Design is ’n Afrikaanse onderneming in Ierland wat gelys is op ons interaktiewe Wêreldgids. Hierdie jaar het die liefde geen grense nie. Alzera Design wil hierdie Valentynsdag drie gelukkige wenners bederf met ’n unieke produk uit hul Suid-Afrikaanse reeks.

Alzera Design bestaan uit ’n man-en-vrou-span. Dit het in pa se motorhuis as ’n stokperdjie begin met die droom om dit eendag ons toekoms te maak.

Om juwele te skep is een manier om onsself uit te druk en om te sê wat in ons hart is. Ons gebruik hoofsaaklik sterlingsilwer en kyk altyd rond vir prettige nuwe materiaal om in ons volgende juweelstuk in te sluit.

Alzera Design gee ’n unieke kinkel aan alledaagse juwele. Ons skep moderne stukke vir die gewone, dapper en moedige individu. Ons gebruik nie net sterlingsilwer in die stukke wat ons maak nie, maar ons kombineer dit met gemengde materiaal soos hout, hars en herwonne materiale asook verskillende allooie soos sirkonium.

Alzera Design het unieke silwerjuwele wat aan drie gelukkige wenners enige plek in die wêreld gepos sal word:

’n Stel silwerjuwele wat bestaan uit Afrika-oorbelle en -hangertjie met ’n hartjie in Suid-Afrika.
‘n Afrika-houtketting met ’n silwer agterkant en ’n leerriempie.
‘n Silwerhangertjie met ’n een sent wat in silwer omvou is. 

Bepalings en voorwaardes:

  • Hierdie kompetisie begin op 2 Februarie en inskrywings sluit op 18 Februarie.
  • Die juwele sal enige plek in die wêreld met koerier na jou toe gestuur word.
  • ‘”Like” Alzera Design se blad op Facebook en “tag” ’n vriend in die Wêreldwyd se plasing om in aanmerking te kom vir een van die pragjuwele.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest