Leesvordering:

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Apr 16, 2024

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan uitkyk of so lekker kan skaterlag vir ’n Afrikaanse grap nie. Wat is dit dan wat jy nie net as ’n Suid-Afrikaner mis nie, maar ook as Afrikaner?

Ons het onlangs op Facebook gevra wat mense se gunstelingherinnering van Suid-Afrika is.

“Definitief die Bosveld. Die roep van ’n piet-my-vrou, die sebras in die verte, die reuk van die bosveld, die haak-en-steek-bome, die tarentale in die vlaktes as die son sak, die wildsvleis, die diere. Die lastige volstruis op die wildplaas.” – Protea Delights

“Die reuk van die stof, en die veld – Afrika se reuk. Warmhartige, gemaklike, groot ‘almal en enigeen welkom’ en lang kuiers. Ek luister na Laurika op YouTube en huil lekker lang trane. Ek mis geselserige, vriendelike karwagte en petroljoggies, pragtige strande, en ek mis beskuit! Ek mis my mense die heel meeste, as ek net my hele familie kon inpak!” – Annamarie van Zyl

“My kerk en my mense.” – Hendrika Jooste

“Die plaas! Die slaghuise, die bos, ons eie mense, ons dokters, ons pêlle, tarentale se lawaai, sonbesies in die bos, donderstorms met weerlig, ons eie see, plaasreuke ná die reën, hoenderhane, hadidas, boeremusiek, plaasdansbyeenkomste, die natuur, die Kaap en sy mense, die Drakensberge, die Krugerwildtuin, lekker kuier om ’n braai by pêlle!” – Nico van Heerden

“Huis.” – Yolande van der Merwe

“Gemeenskap.” – T du Plessis

“Die Hoëveld se donderstorms. Familie en vriende. My kultuur. Suid-Afrikaners se humorsin. Die Bosveld. ’n Lekker skaaptjoppie.” – Francois Jonker

“Die weer, jag, familie, skaaptjops, humor by die werk, Afrikaans, sing van psalms in die kerk en die sterre.” – Hendrik Kruger

“Om wasgoed buite in die son droog te maak.” – Rita Reets

“Om my taal te kon hoor in die noorde van Engeland was ongelooflik. Heerlike lag uit volle bors. Regte egte moerkoffie en ons verskeidenheid van kulture en kos. – Louisa Hein

“Gasvryheid, lekker lag, humorsin, kleurryk, die mooiste natuur en mense.” – Karin van Heerden


Wat is jou gunstelingherinnering van Suid-Afrika? Vertel ons in die kommentaar.

Lees ook: Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Foto: Maurice Gort/ Unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest