Leesvordering:

Wat wil jy eendag wees?

Feb 21, 2022

(Ook beskikbaar in audio op WhatsApp. Kontak my gerus.)

Chloe het die mooiste Ierse aksent. En wanneer sy vergeet ek kan nie haar moedertaal se kwinkslae altyd so mooi verstaan nie, is haar onverbloemde entoesiasme in die taal van haar hart vir my sommer nog mooier!

Maar Chloe is siek. Dit kom nou al baie lank, maar hierdie keer is dit ernstig.

Gisteraand gesels ons vir 40 minute terwyl die hospitaalmonitors in die agtergrond bliep.

Ons praat diep.

Ek haal my ma-stem uit.

Ons giggel.

Ons praat oor die Here.

En ek laat haar gaan.

Tien minute later is sy bewusteloos en moet hulle haar op ’n ventilator sit.

My eerste gedagte is:  Wat het ek laaste vir haar gesê? Wat was my laaste woorde aan haar?

So ’n paar jaar gelede duik hierdie memes van so ’n stokmannetjie oral op:

Hierdie is Dirk.

Dirk word wakker en sien dit sneeu.

Dirk vertel nie vir almal op Facebook daarvan nie,

want hy weet sy vriende het almal vensters.

Dirk is slim.

Wees soos Dirk.

Onthou julle dit?

Wees soos Dirk.

Wees soos Jesus.

Toe hy hoor van Lasarus, was daar geen pyngedagte aan wat die laaste woorde was wat Hy vir Lasarus gesê het nie, want Hy het ALTYD net uit liefde gepraat.

“Die Here is goed vir ALMAL,

en barmhartig

oor Sy hele skepping.

…Die Here help ALMAL

wat geval het

en dié wat swaarkry,

tel Hy op.

…U gee aan ALMAL kos

op die regte tyd.

U maak U hand oop,

en bevredig die begeertes

van AL wat lewe.

Die Here is regverdig

in AL Sy dade;

en getrou in ALLES wat Hy doen.

Die Here is naby ALMAL

wat Hom aanroep,

vir ALMAL wat Hom

in opregtheid aanroep.

…Die Here beskerm ALMAL

wat Hom liefhet,

maar die goddeloses

vernietig Hy.

Die lof van die Here

wil ek verkondig.

ALLES wat leef,

sal Sy heilige Naam

vir altyd prys!”

Psalm 145 NLV

In ALLES, en met ALLES wat Hy doen en spreek, en teenoor ALMAL is die Here altyd dieselfde: Liefde.

(Ek het tot nou toe nog geen nuwe nuus van Chloe nie, behalwe dat sy stabiel is.)

Hulle sê dis makliker om die waarheid te praat, want dan hoef jy nie te onthou wat jy gelieg het nie.

Dalk is dit makliker om altyd liefde te wees, want dan hoef jy nooit te wonder wat jou laaste woorde was nie.

Jou inspirasie vir die week: Nothing back

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest