Leesvordering:

Buitelandse testamente: Wat gebeur met jou vakansiehuis in Skotland en jou seiljag op die eiland Capri?

Jan 21, 2016

Sedert die verslapping van valutabeheermaatreëls in Suid-Afrika, besit ‘n toenemende aantal kliënte bates in die buiteland. Dit sluit beleggingsbates sowel as vaste eiendom in. Die vraag ontstaan dus hoe hierdie bates in jou testament hanteer moet word. Wat gebeur met hierdie bates ná jou afsterwe?

Drie faktore moet in ag geneem word om te bepaal of buitelandse bates deur ‘n Suid-Afrikaanse testament gedek word en of dit nodig is om ‘n buitelandse testament op te stel. Hierdie faktore is:

  • Die land waar hierdie bates gehou word

Bates wat byvoorbeeld in Engeland of Nieu-Seeland besit word, word deur ‘n Suid-Afrikaanse testament gedek. Bates in Spanje of Jersey vereis dat daar ʼn buitelandse testament in daardie land moet wees.

  • Wie hierdie bates, byvoorbeeld buitelandse beleggings, administreer

Indien die administrasie hanteer word deur ‘n administrateur of entiteit wat nie spesifiek vereis dat ‘n buitelandse eksekuteur aangestel moet word nie, is ‘n Suid-Afrikaanse testament voldoende.

  • Die strukture wat gebruik is om die buitelandse bates te belê

Polisstrukture, maatskappye ensovoorts is voorbeelde van strukture waarin buitelandse bates gehou kan word. Elkeen van hierdie strukture moet onafhanklik bekyk word vir hierdie doel.

Dit is dus noodsaaklik om tyd te bestee aan deeglike boedelbeplanning indien jy buitelandse bates besit. ‘n Suid-Afrikaanse testament wat in Engels opgestel is, kan dalk voldoende wees. Indien jou Suid-Afrikaanse testament in Afrikaans opgestel is, kan dit die proses van afhandeling van die boedel vertraag. Hierdie testament sal vertaal en geseël moet word alvorens dit aan die oorsese eksekuteur/agent gestuur kan word; dit is ‘n tydrowende en duur proses. Dit is dus nie vanselfsprekend dat ‘n buitelandse testament en ‘n buitelandse eksekuteur tydens bereddering benodig sal word nie.

Wanneer daar wel ‘n buitelandse testament benodig word en daar dus meer as een testament is, is dit belangrik dat hierdie twee dokumente met mekaar ooreenstem, sodat die een nie die herroeping van die ander veroorsaak nie. Die regsvereistes vir die opstel van ‘n testament in ander lande kan verskil van die vereistes in Suid-Afrika. Dit kan tot gevolg hê dat sekere bemakings in jou Suid-Afrikaanse testament nie in die buiteland erken word nie. Dit is van kardinale belang om ‘n professionele, gelisensieerde buitelandse diensverskaffer te kies as jou eksekuteur of as agent vir jou eksekuteur onder volmag of as trustee van jou buitelandse trust. Dit is belangrik dat jy die ondersteuning van ‘n gevestigde, landwye Suid-Afrikaanse instelling het, byvoorbeeld ‘n trustmaatskappy, wat jou kan bystaan met die proses.

Dit is dus belangrik dat volledige beplanning gedoen word om te verseker dat daar geen haakplekke sal wees tydens die beredderingsproses nie.

Vir meer inligting hieroor kan jy Laurette Koen, Boedel en Trust Adviseur by PSG by laurette.koen@psg.co.za kontak.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest