Leesvordering:

AfriForum stel jongste episode in dokumentêre reeks oor Suid-Afrika se oop grense bekend

Jun 23, 2023

Die derde episode van die dokumentêre reeks Open Borders is vandag bekendgestel.

Hierdie episode getiteld “Cannabis and cattle theft” fokus op hoe die gebrek aan grensbeheer tussen Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini oorgrensmisdaad aanwakker. Een van die hooftemas in hierdie episode is hoe gesteelde beeste en dagga oor dié grense gesmokkel word.

Open Borders ondersoek die gevolge wat gewone Suid-Afrikaners in die gesig staar as gevolg van die gemak waarmee die grens onwettig oorgesteek kan word en wat vrywilligers in grensgebiede doen om misdaad te bekamp deur buurtwagte en ander burgerlike veiligheidstrukture te stig.

“Die film illustreer hoe aaklig die situasie op Suid-Afrika se grense met hierdie twee lande is. Die grens bestaan letterlik nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid en regisseur van dié dokumentêr.

“AfriForum het 166 buurtwagte landwyd en baie van hierdie burgerlike veiligheidstrukture val in grensgebiede. Hierdie vrywilligers het geen ander keuse as om op te tree en die veiligheid van hul gemeenskappe in hul eie hande te neem nie. Die regering versuim om grensbeheer af te dwing en daarbenewens blyk dit dat die regering ook nie die politieke wíl het om hierdie enorme probleem op te los nie,” sluit Broodryk af.

Kyk Open Borders: Cannabis and cattle theft hier of op AfriForumTV.

Vriende van AfriForum

Word ’n vriend van AfriForum en ondersteun ons projekte en aksies vanuit die buiteland.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest