Leesvordering:

AfriForum versnel uitbreiding van veiligheidsnetwerke ná skerp toename in plaasmoorde

Aug 16, 2023

AfriForum se syfers toon dat 76 plaasaanvalle in die tweede kwartaal van 2023 plaasgevind het. Dié organisasie se gemeenskapsveiligheidafdeling het hierdie syfers van April tot Junie 2023 geverifieer.

Wanneer die statistiek van die tweede kwartaal vergelyk word met die eerste kwartaal van 2023, kan gesien word dat daar ’n skrikwekkende toename is in die aantal moorde wat plaasgevind het. AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling het met die vrystelling van die eerste kwartaal se syfers gewaarsku dat indien misdadigers nie vasgestrek word nie, ’n moontlike styging kan plaasvind.

“Hoewel die aantal aanvalle vir die eerste en tweede kwartaal min of meer dieselfde is, het moorde met 167% gestyg – van nege in die eerste kwartaal tot 24 in die tweede kwartaal,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

“Van al die tweede kwartale oor die afgelope vyf jaar (sedert 2019), het die tweede kwartaal van 2023 die meeste aantal moorde aangeteken,” sê Johan Nortjé, ’n navorser by AfriForum.

Die databasis van AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling toon ook aan dat daar in net 15 van die 76 plaasaanvalle wat vir die tweede kwartaal aangeteken is, verdagtes in hegtenis geneem is. Daar was voorts ’n gemiddeld van 5,85 insidente per week.

Volgens Broodryk sal AfriForum aanhou om sy veiligheidsnetwerke uit te brei.

“Ons het reeds 168 buurt- en plaaswagstrukture landswyd met sowat 11 000 opgeleide vrywilligers wat help om hul gemeenskappe te beveilig. Ons het net verlede week weer gesien hoe AfriForum se protospan in Brits vier plaasaanvallers binne ’n uur en ’n half ná die aanval vasgetrek het. Hoe meer mense betrokke raak, hoe meer doeltreffend gaan hierdie netwerke word,” sluit Broodryk af.

Beveilig ’n plaas

Plaasmoorde en plaasaanvalle is nou ’n groter krisis as ooit tevore. Daar was die afgelope ruk ’n toename in plaasaanvalle, en die regering se onmag om iets aan hierdie probleem te doen, is duidelik sigbaar.

Daarom het AfriForum besluit om die bul by die horings te pak deur af te skop met ’n veldtog wat fokus op die beveiliging van plase.

Die “Beveilig ’n plaas-veldtog” gaan spesifiek kyk na:
• die veiligheidsassessering van plaaswonings;
• opleiding in basiese noodhulp;
• wapenopleiding; en
• die verskaffing van ’n analoog-radiostelsel insluitende radio-opleiding.

Die doel van hierdie veldtog is nie net om plase en almal wat op plase woon te beveilig nie, maar ook om die breër gemeenskap in spesifieke areas te bemagtig om vry, veilig en voorspoedig te kan leef.


Jy kan AfriForum help om ons plase te beveilig deur ’n skenking te maak vir hierdie doel.

Besoek www.beveilignplaas.co.za vir meer inligting en as jy hierdie aksie wil steun vanuit die buiteland besoek https://www.givengain.com/cc/beveilig-n-plaas/.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest