Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Adèle Croucamp Fotografie

Aug 15, 2023

Dié week se kollig val op ’n onderneming in die kreatiewe bedryf. Adèle Croucamp Fotografie bied fotografiedienste in Oostenryk.

Adèle Croucamp Fotografie is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Adèle Croucamp Fotografie

Laat ek myself voorstel.

Ek is oorspronklik van Suid-Afrika en woon al vier jaar in Oostenryk. Ek is ‘n voltydse bedryfsielkundige en deeltydse fotograaf. Ek geniet dit om spesiale oomblikke in ‘n pragtige omgewing vir gesinne vas te vang. Kinders is my gunstelingmodelle!

Ek is van altyd af gefassineerd deur die krag en veerkragtigheid van die menslike gees, en ek begin nou die sportgebied ook betree. Ek wil graag atlete se pogings om deur grense te breek vasvang.

Dankie dat jy saam met my op hierdie reis gaan.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Kontak Adèle Croucamp Fotografie

Klik hier om Adèle Croucamp Fotografie se Instagram-profiel te besoek.

Klik hier om Adèle Croucamp Fotografie op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

*

Na watter soort diens of produk is jy op soek in die buiteland? Besoek AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids vir ander soorte ondernemings.

Kry jy nie wat jy soek nie? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za waarvan jy meer wil weet.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest