Leesvordering:

Kan ek ’n Suid-Afrikaanse bankrekening oopmaak as ek in die buiteland woon?

Aug 21, 2023

Daar is aan alles in die lewe koste verbonde, hetsy dit ’n kontantprys of emosionele koste behels. Emigrasie is g’n anders nie. Lewe in die buiteland is duur en die prys wat jou geestesgesondheid betaal, kan veeleisend wees. Jy loop dalk met vrae wat rondskommel in jou gedagtes.

Die lewe vereis van emigrante, nes van enigeen wat ’n gesonde lewe wil leef, om wys te wees met finansies, maar daar is ’n reeks fyner besonderhede waaraan ’n mens moet aandag skenk om sukses in hierdie afdeling te behaal. ’n Groot vraag op ekspats se lippe is, “Kan ek ’n Suid-Afrikaanse bankrekening oopmaak as ek in die buiteland woon?” Dit is juis hierdie vraag wat ons beoog om te beantwoord. Lees gerus verder.

Die opening van ’n bankrekening as nie-inwoner

By die meeste Suid-Afrikaanse banke word jy toegelaat om as inwoner of nie-inwoner ’n rekening oop te maak. Die twee aansoekprosesse verskil egter van mekaar, aangesien inwoners enige tyd by die bank se voordeur kan opdaag en dit nie juis vir emigrante so eenvoudig is nie.

Die grondslag bly dieselfde: jy moet bo die ouderdom van 18 wees en ’n geldige identiteitsdokument byderhand hê om ’n bankrekening oop te maak. Om egter ’n Suid-Afrikaanse bankrekening oop te maak terwyl jy in die buiteland woon, word ’n gewaarmerkte brief van ’n prokureur as deel van jou aansoek vereis.

Wat anders het ek nodig?

Om die bal aan die rol te sit by enige bank, sal jy gewaarmerkte kopieë van die volgende dokumente nodig hê:

  • Jou paspoort
  • Verblyfsbewys jonger as drie maande
  • Drie maande se bankrekeningstate, voorsien deur jou bank in die buiteland
  • Bewys van inkomste

Daaropvolgende vereistes kan wissel van onderneming tot onderneming. Maak dus seker dat jy toegang het tot die bank se kontakbesonderhede.

Kies die bank wat reg is vir jou

Om ’n bank te kies is soos om ’n nuwe verstandhouding aan te knoop: jou behoeftes moet ooreenstem met dit wat die ander party jou bied. Werk dus deur hierdie lysie as riglyn om jou besluite te lei wanneer jy ’n bank kies:

  • Hoe werk die bankkoste? Betaal jy jaarlikse of maandelikse fooie?
  • Word jy toegelaat om gereeld geld te trek of is daar beperkings?
  • Kan jy by enige kontantpunt geld trek of deponeer?
  • Sal jy van ’n kitsbank gebruik kan maak?
  • Wat is die rentekoers op jou geld?
  • Is daar elektroniese of telefoniese dienste beskikbaar?

Doen sorgvuldige navorsing

Voordat jy ’n bankrekening in Suid-Afrika oopmaak, is dit van kardinale belang dat jy goed vertroud is met die onderneming en sy unieke vereistes. Ons raai jou dus aan om Suid-Afrikaanse banke deeglik na te vors, want alhoewel jy in die buiteland woon, is dit tog moontlik vir jou geld om tuis te bly.

Foto: andrew-neel-unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest