Leesvordering:

Entrepreneurskap: die vonk wat nodig is vir ʼn vuisvoos ekonomie

Aug 21, 2023

Entrepreneurskap is lank nie meer net ʼn gonswoord wat deur ekonome en toekomsbeplanners gebruik word as ʼn moontlike antwoord op Suid-Afrika se ekonomiese probleme nie. Vandag is entrepreneurskap, en die potensiaal wat daaraan gekoppel word, ʼn dinamiese dryfveer van die land se ontwikkelende ekonomie. Méér nog, die sukses wat entrepreneurs ervaar het ʼn rimpeleffek van finansiële voorspoed in talle gemeenskappe tot gevolg.

Gedagtig aan Wêreldentrepreneursdag wat op 21 Augustus gevier word, verduidelik dr. Rachel Maritz, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by Akademia, dat entrepreneurskap en opleiding hand aan hand loop.

Maritz verduidelik dat verskeie uitdagings – nasionaal en internasionaal – dreig om die plaaslike ekonomie lam te lê. Hierdie uitdagings sluit onder meer die afname in globale groei, geopolitieke spanning en ondoeltreffendheid van staatsbeheerde ondernemings in. Hierbenewens noodsaak aanbodkantbeperkings, soos toegang tot stabiele elektrisiteitsvoorsiening en verbetering in vragvervoer en logistiek voorts dringende ingryping.

Volgens Maritz dra hierdie faktore daartoe by dat die vooruitsig vir ekonomiese groei in 2023 bitter skraal is. Sy voeg by dat daar gesê word dat die land reeds tegnies in ʼn resessie is as gevolg van die negatiewe groei gedurende die voorafgaande twee kwartale.

Dit is Maritz se mening dat daar nie ʼn beter tyd as juis nou is vir entrepreneurs om in te spring en ʼn verskil te maak nie. “Entrepreneurskap is krities vir groei, veral in ontwikkelende ekonomieë soos Suid-Afrika. Danksy entrepreneurs se innovasie en ondernemingsgees word nuwe waardetoevoegende produkte en dienste ontwikkel, word werkskepping gestimuleer, word produktiwiteit verhoog én word bestaande hulpbronne op meer doeltreffende wyses aangewend. In kort: entrepreneurs genereer die vonk wat nodig is vir SA se vuisvoos ekonomie!”

Volgens Maritz bewys navorsing dat kinders van entrepreneurs ʼn 60% hoër kans het om self entrepreneurs te word, maar dit is te danke aan opvoeding eerder as genetika. Kinders wat van ʼn jong ouderdom af blootstelling aan entrepreneurskap gekry het, verstaan ook voorts die belang van kreatiwiteit en nuut-dink. Hulle mag dalk ook beter blootstelling aan finansiële geletterdheid kry wat weer ʼn belangrike fondasie vir toekomstige besigheidsukses kan wees.

Entrepreneurskap fokus op probleemoplossing en gevolglik besef entrepreneuriese kinders reeds vroeg hoe belangrik sensitiwiteit vir werklike behoeftes in die samelewing is. Dié kinders ervaar ook eerstehands hoe pro-aktiewe optrede en inisiatief hierdie behoeftes deur entrepeneurskap kan aanspreek.

Alle entrepreneurs begin volgens Maritz met drie soorte middele: (1) wie hulle is (hulle natuurlike aanleg, vermoëns en voorkeure); (2) wat hulle weet (vorige onderrig, opleiding, ervaring en kundigheid) en (3) wie hulle ken (sosiale en professionele netwerke). Die entrepreneur kan daadwerklik verander aan wat hy weet, deur onderrig (met die klem op kennis) en opleiding (met die klem op vaardigheidsontwikkeling). Kursusse en werkswinkels wat op die onderrig en opleiding van entrepreneurs fokus, is dus krities om entrepreneurskap in Suid-Afrika aan te moedig en te ontwikkel.

Akademia staan met trots sy plek vol as ʼn katalisator vir entrepreneurskap, en deur onderrig en opleiding speel die instelling, volgens Maritz, ʼn aktiewe rol om ʼn kultuur van entrepreneurskap aan te wakker.

Die instelling is betrokke by verskeie entrepreneuriese inisiatiewe, waaronder:

“Dit is nooit te laat om entrepreneursvaardighede te ontwikkel nie. Opleiding kan op enige tydstip in ʼn entrepreneur se lewe die vuurhoutjie wees wat entrepreneuriese gereedheid aansteek,” verduidelik Maritz.

Dr. Rachel Maritz meen entrepreneurskapsopleiding is die vonk wat nodig is om ʼn entrepreneuriese kultuur te skep.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest