Leesvordering:

Kom tuis – jou taal, jou mense, jou netwerk

Sep 5, 2023

AfriForum Wêreldwyd is ’n omvattende platform waarmee kontak gehou word met vele Suid-Afrikaners wat tans in die buiteland woon en/of werk, maar steeds in voeling met hul geboorteland wil bly.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan opgespoor word op die Wêreldgids. Hier kan jy dokters, prokureurs, finansiële adviseurs, haarkappers en vele meer opspoor wat hul dienste in Afrikaans lewer. Die Wêreldgids is egter nie net vir Afrikaanse ondernemings nie, maar ook vir Engelse ondernemings en diensverskaffers wie se dienste ook in Afrikaans beskikbaar is. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Klein- of grootsakeondernemings in die buiteland kan self hul ondernemings gratis op die Wêreldgids lys. Die Wêreldgids spog met veertig kategorieë van ondernemings en diensverskaffers regoor die wêreld.

As eienaar van ’n onderneming kan jy jou eie profiel hê waar jy kan inteken en veranderinge maak soos jou onderneming verander en groei.

Dit is so maklik soos 1,2,3 … gids jouself!

  1. Skep ’n profiel.
  2. Laai jou onderneming.
  3. Kry meer blootstelling.

Kom tuis – jou taal, jou mense, jou netwerk!

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Foto: Brooke Cagle/ Unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest