Leesvordering:

Lééf jou erfenis hierdie Erfenismaand

Sep 19, 2023

Dit is Septembermaand – dit is lente en Erfenismaand in Suid-Afrika. Elkeen wat oor die wêreld versprei sit, hunker hierdie maand meer na waar ons wortels na nog ’n bietjie kultuurwater soek – Suid-Afrika, die sonskyn, die springbokke en die samesyn!

Vir Erfenismaand kyk ons vandag met ’n vergrootglas na ons erfenis en hoe ons dit kan lewendig hou ongeag van waar ons onsself bevind. Eerstens, wat is erfenis? Die HAT definieer erfenis as nalatenskap. Jou erfenis is dus iets wat jy in jou dra wat jy gekry het waar jy vandaan kom.

Maar oor die algemeen is erfenis dieper as net ’n definisie, dis iets wat in jou lééf. Dit is wanneer jy in gedagte is en soek na ProNutro op ’n vreemde rak in ’n vreemde land. Dit speel in jou neusgange wanneer jy diep asemhaal as jy tussen sneeu en yslande ’n braaivleisvuur aansteek, jy weet, want braai sal ons braai. Wanneer jy kinders het, neem dit ook jou opvoeding na ’n ekstra vlak om jou erfenis aan hulle oor te dra. Sentiment sal altyd sorg dat ons Suid-Afrika in ons kinders wil ingraveer. Hoe doen ons dit? Hoe lééf ons, ons erfenis op ’n ander bodem? Vandag gaan ons so bietjie kyk na idees en hulpmiddels om ons erfenis te gaan haal en in te nooi.

1. Geloof

Geloof speel ’n baie groot rol in ons kultuur, dus sien ons dat baie van ons Afrikanerwêreldlinge by Suid-Afrikaanse kerke en geloofsgemeenskappe inskakel. Dit is ’n goeie aanknopingspunt vir mede-Suid-Afrikaners en daar kan jy ook net op Sondae voel dat jy “jouself” kan wees. Jy kan praat oor die dinge wat jou hart laat klop met mense wat régtig verstaan.

Ons sien ook dat Suid-Afrikaanse kerke in die buiteland Suid-Afrikaanse kultuuraktiwiteite soos boeresport, braai en kampe aanbied.

2. Taal

Wie van julle het al jou nek amper afgeruk as iemand in ’n ander land langs jou op ’n roltrap Afrikaans begin praat? Een van die maniere om daagliks jou erfenis te lééf, is deur jou taal daagliks te praat en bevorder. Dit is ook belangrik om dit vir jou kinders te leer indien hulle in ander tale skoolgaan.

Ons gesels met een van ons wêreldwye Afrikaners in Brittanje en sy sê: “Jy moet ’n doelbewuste besluit neem om jou kind hier Afrikaans groot te maak, dit gebeur nie vanself nie en dit neem ook ekstra tyd.” Dink daaroor dat jy jou kinders moet leer om ’n ander taal te leer waarmee hulle amper glad nie op skool gekonfronteer word nie. Daarvoor het ons aan die einde van die artikel ’n hele lys hulpmiddels en toepassings wat hierdie taak dalk so bietjie makliker kan maak.

Literatuur, liedjies en TV-programme kan ook baie help om taalopvoeding makliker te maak. Wanneer jy vir jou kinders ’n storie aanskakel, kan jy dalk eerder kies om vir hulle Afrikaanse programme te wys. AfriForumTV maak dit vir jou baie maklik, loer hier: https://afriforumtv.co.za/.

3. Konneksies

Hoe bou jy Suid-Afrika in jou lewe in wanneer jou kring slegs uit buitelanders bestaan? Die woord “konneksies” is met opset gebruik, aangesien dit soms onmoontlik kan voel om jou fisies met Suid-Afrikaanse vriende en familie te omring terwyl jy jou wortels in nuwe grond probeer plant. Tegnologie help ons wel om hierdie afstand so bietjie korter te probeer maak. Maak seker dat jy en jou kinders gereeld huis toe bel, praat Afrikaans, lag en laat jou mense vir jou wys hoe lyk die weer en die omgewing. Konneksies kan baie beteken vir jou erfenisdors.

Soek Suid-Afrikaanse konneksies naby aan jou op en ondersteun mekaar. Ons Wêreldgids lys ook ’n hele paar ondernemings wat deur Suid-Afrikaners in die buiteland bedryf word, loer gerus daardeur: https://wereldgids.co.za/soek-n-onderneming/.

Kom kuier! Dis ook baie waardevol om jou voete soms in jou tuisland te kom plant. Bring jou kinders en kom wys vir hulle hoe dit lyk, kom vertel vir hulle hoe en waar jy grootgeword het. Hulle kan dit nie visualiseer en inleef as hulle dit nie beleef nie.

4. Kultuur en kos

Watter goed kom onder die kultuursambreel? Die meeste sal dadelik skree: Braai, BOKKE en biltong! Luister jy Appel of Koos Kombuis wanneer jy op die trein op pad is na jou werk toe in die oggend? Sing die kinders Jan de Wet se liedjies, terwyl hulle met John Deere-trekkertjies paaie bou met skape en beeste – die plaas leef mos in ons almal.

Kultuur omhels wat jy luister, wat jy sing, wat jy lees en hoe jy skryf. Kultuur kruip in wanneer jy kondensmelk in jou koffie inroer en hoe jy jou braaivleisvuur pak. Onthou dus dat kultuur nie net noodwendig is WAT jy doen nie, maar ook HOE jy iets doen.

Ons vier later hierdie maand Erfenisdag op 24 September. Dit het sommer ook al bekend geword as Braaidag onder sekere Suid-Afrikaners. Nou het jy ’n goeie verskoning om ’n lekker boerebraai saam met mede-Suid-Afrikaners te hou. Kikker dit op met so bietjie Robertson-speserye en Suid-Afrikaanse produkte. Daag jou vriende uit om

gunsteling- Suid-Afrikaanse happies voor te berei, dalk kry julle ’n melktert en so paar koeksisters ook vir die okkasie.

Onthou net dat kultuur baie breër as Bokrugby of braai is, dit is ook belangrik om jou familie- en volksgeskiedenis vir jou kinders te leer.

My erfenis is vir my mooi

Liewe mede-Suid-Afrikaner, ongeag waar jy jou vandag bevind, sal jou wortels altyd geplant bly in Afrika-bodem. Ons weet jy kap vir jou groot paaie oop, maar die hunkering na erfeniswater sal jou elke nou en dan oorval, weet dan – jy is nie alleen nie. Psalm 6:16 kan jou net weer daarvan verseker dat die meetsnoere dalk vir jou iewers anders in plek geval het, maar jou erfenis sal vir jou mooi bly.

Foto: levi-guzman-unsplash

OndernemingWêreldgids-skakel / SosialemediaskakelBeskrywing
AfriKindershttps://wereldgids.co.za/business/afrikinders/Afrikaanse hulpmiddels – TV-kanaal deel van AfriForumTV
Stekelsnoet en vriendehttps://wereldgids.co.za/business/stekelsnoet-en-vriende/Stekelsnoet en vriende – boekreeks
WOW Afrikaans is EASYhttps://wereldgids.co.za/business/wow-afrikaans-is-easy/WOW Afrikaans is EASY – publiseerbare boekies en video’s
Klara Kletshttps://wereldgids.co.za/business/klara-klets/Klara Klets – Afrikaanse tutor
Wolkskoolhttps://wereldgids.co.za/business/wolkskool/Wolkskool – aanlyn leerplatform
Weetgidshttps://wereldgids.co.za/business/weetgids/Weetgids – aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids
Tippiehttps://wereldgids.co.za/business/tippie/Tippie – opvoedkundige kinderboeke
Boekwurmhttps://wereldgids.co.za/business/boekwurm-com-au/Boekwurm – Afrikaanse kinderboeke
MOS Wêreldwydhttps://wereldgids.co.za/business/mos-wereldwyd/MOS- aanlyn tuisskool
ViVAhttps://www.facebook.com/vivaafrikaans https://wereldgids.co.za/business/viva/  ViVA- aanlyn taaldiens
Pharos woordeboekehttps://wereldgids.co.za/business/pharosaanlyn/Verskeidenheid tegniese woordeboeke
Storiemanhttps://www.youtube.com/@salomeadendorff176/playlistsStorieman –YouTube-kanaal
AfriForumTVhttps://wereldgids.co.za/business/afriforumtv/AfriForumTV – aanlyn platform 
Mondvolwoordehttps://wereldgids.co.za/business/mondvol-woorde/ 
boekwurm.com.auhttps://wereldgids.co.za/business/boekwurm-com-au/ 
Beter Afrikaanshttps://wereldgids.co.za/business/beter-afrikaans/Aanlyn speletjie of ’n toep
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest