Leesvordering:

Taalgemeenskappe is moeg vir taalgimnastiek soos dié van Nzimande,” sê AfriForum

Okt 9, 2023

AfriForum sê dit raak al hoe duideliker dat taalgemeenskappe self verantwoordelik is vir hulle tale se beskerming, groei en voortbestaan.

Dít in reaksie op die jongste polemiek oor Afrikaans se status as inheemse taal en posisie in die taalbeleidsraamwerk vir hoër onderwysinstellings. Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake sê enigeen wat glo dat die ANC werklik ernstig oor meertaligheid in die land, of die bevordering van diversiteit is, is naïef.

Dit kom te midde van die feit dat geen openbare tersiêre onderwysinstelling meer alle kursusse in Afrikaans kan aanbied nie.

“Ook waar instellings ander inheemse tale probeer akkommodeer en uitbou, het hulle uitdagings met befondsing. ’n Taalbeleidsraamwerk vir tersiêre instellings is nodig, maar van veel meer belang is ondersteuning aan die instellings om die uitvoering daarvan moontlik te maak.” sê Bailey.

Sy sê Nzimande se taalgimnastiek oor waar Afrikaans, Khoi- en Santale inpas, en die omstrede Bela-onderwyswetsontwerp is voorbeelde van die ANC se drang om eentalige Engelse onderrig af te dwing.

Volgens Bailey is dit duidelik dat taalgemeenskappe wat ernstig oor hulle taalregte is, self moet inspring om eie onderriginstellings te vestig en hulle tale te bevorder.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest